Ma en dogter tydens huisroof vermoor

(Argieffoto: Nico Strydom)

Die liggame van ʼn 68-jarige ma en haar 34-jarige dogter is Saterdag in hul huis in die Hebron-gemeenskap naby Ga-Rankuwa, net buite Pretoria-Noord, aangetref. Die twee is glo tydens ʼn huisrooftog vermoor.

Volgens lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, het die oorlede ma se ander dogter (29) omstreeks 17:00 by die huis aangekom en besef die kombuisdeur en -veiligheidshek is gebreek. “Toe die dogter in die huis ingaan, het sy haar ma se lewelose liggaam in ʼn plas bloed in die eetkamer sien lê,” vertel Kwena.

Die polisie is na die toneel ontbied. Hulle het die liggaam van ʼn 34-jarige vrou, die 68-jarige slagoffer se ander dogter, in die bad aangetref. Haar voete en hande was vasgebind.

Paramedici het die oorledenes op die toneel dood verklaar.

Ná verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat ʼn plasmatelevisie, DVD-speler en die slagoffers se selfone ter waarde van R25 000 klaarblyklik gesteel is.

Die polisie ondersoek tans die saak. Nog niemand is in dié stadium in hegtenis geneem nie.

Kwena het sy hartseer en afgryse oor die voorval uitgespreek. “Ons sal seker maak die skuldiges word vasgetrek en in hegtenis geneem. Ons doen ʼn beroep op mense om kalm te bly en nie die reg in eie hande te neem nie. Ons versoek almal se volle samewerking met die ondersoek.”

Lede van die gemeenskap met moontlike inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) kan lei, kan die ondersoekbeampte, kapt. Johannes Malebati, by 083 361 5457 of  Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Piet ·

Vir 25 jaar se hul nog steeds, wees kalm moet nie gereg in eie hande neem nie. Een groot belaglike grap ????

Marius ·

As jy ‘n bestuurder by ‘n besigheid aanstel, en dinge by die besigheid bly skeefloop, dan moet jy as eienaar van die besigheid die bestuurder aanspreek of afdank voordat die besigheid ondergaan. Net so moet die president ontslae raak van die minister oor die polisie, want vir jare al versleg alles net in die land. Hoe is dit dat hierdie ministers miljoene rande in salaris ontvang, maar geen verantwoordelikhede het nie…

Johann Burmeister ·

Dit is hoog tyd dat ons brgin saam staan. Hulle moor ons uit, te lafhartig om een een te kom. Val oumense en weerlose vroue en kinders aan rn niemand doe iets daaraan nie. Waar is my en jou mense regte komaan mense maak oop j oë

Alida ·

Jou deuntjie is afgesaag. Ons oe is oop en ons staan saam. Wat stel jy voor?

Pam ·

Hebron, Ga-Rangkuwa is buite Pretoria Noord en nie Potchefstroom nie

Megan Swart ·

Dagsê Pam
Dit was inderdaad ‘n fout. Ons vra om verskoning vir die flater. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Sê-maar-net ·

Twee lewes vir ‘n TV, CD-speler en 2 selfone! Kan die misdadigers nie via die selfone opgespoor word nie?? Of het die polisie nie die tegnologie nie? Feit is: Misdaad kan net stopgesit word as daar dadelik en kragdadig opgetree word. Selfs met die doodstraf. Dis dalk wat die gemeenskap sou doen!

Poppie ·

Twee mense se lewens geëis onskuldig…hoeveel nog moet gevat word…n lewe is meer werd as aardse besitting, hul kon net gevat het wat hul wil maar n onskuldige lewe te eis, is nie regverdig nie……as ons nie die reg in eie hande mag neem nie, gaan die boodoeners aanhou om kwaad te stook…geen onskuldige lewens siel verdien nie om so wreed dood gemaak te word nie….ons moet opstaan en baklei vir onsself dis n onskuldige menslike lewe wat nie deur die vyand geëis mag word nie…

Hendrik ·

daar so baie gemors om reg temaak, dat sake soos die nie eers oor geworry sal word nie, kyk maar na eskom een groot spul gemor, ANC julle meer sleg as goed vir die land

Leon ·

Waneer hulle inbreek en jy is tuis is daar ‘n 99% kans jy sal vermoor word. Hulle laat nie getuies agter nie. Jy kan hulle identifiseer, so jy moet weg. Hulle het ‘n 99,999% kans om nie gevang te word nie, so waaroor bekommerd wees. Die regering en die polisie stel nie veel belang om die tipe misdaad te bekamp nie. Word hulle gevang is hulle binne 60 minute vry en weer aan die werk. Die howe het geen tande nie want die wet is aan die rower/moordenaars se kant.

Careltjie ·

Leon, jy is 100% reg. As hul net wil inbreek, sal hul dit doen wanneer daar geen mense in die huis teenwoordig is nie. Indien hulle weet daar is mense, gaan hul om te moor. Die diefstal is slegs sodat die bewoording “a robbery go wrong” ‘n betekenis in die koerante kan hê. Hierdie is geen huisbraak nie, maar doelgerigte, voorafbeplande moord.

Michael P ·

Maar hier sal CR. en sy trawante sekerlik huis besoek gaan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.