Ma vas oor baba se branddood

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn 28-jarige vrou van Vosman, naby Witbank in Mpumalanga, is in hegtenis geneem nadat sy vroeg Sondagoggend haar sewe maande oue baba na bewering in ʼn hut doodgebrand het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gemeenskapslede die brandende vuur by die hut opgemerk en begin skree.

“Die polisie en nooddienspersoneel van Vosman is daarna ontbied oor die hut wat by Marikana in Uitbreiding 16 aan die brand is.

“Met hul aankoms op die toneel is verskeie woedende gemeenskapslede buite die hut aangetref.

“Hulle was diep ontsteld oor die gru-voorval waartydens ʼn onskuldige baba doodgebrand het,” sê Mohlala.

Voorlopige ondersoeke toon dat die baba se ma en haar man vroeër die dag ʼn hewige rusie gehad het wat gewelddadig geraak het.

Die man het daarna die perseel verlaat waarna die ma glo die hut – met die baba daarin – aan die brand gesteek het.

“Hoewel die ma van die vlamme – met behulp van sommige gemeenskapslede – kon wegvlug, was die meeste van hulle woedend oor die voorval en wou hulle eie reg gebruik. Die polisie moes haar uit gemeenskapslede se hande red.

“Die verkoolde oorblyfsels van die baba is later in die puin gevind en die ma in hegtenis geneem.”

Volgens Mohlala word daar ook beweer dat die beskuldigde tydens die voorval onder die invloed van alkohol was.

“Die bewerings sal deel vorm van die ondersoek.”

Die beskuldigde sal na verwagting Dinsdag op aanklag van moord in die Emalahleni-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, het die voorval ten sterkste veroordeel en dit as “harteloos en ongevraagd” bestempel.

“Dit is ouers se verantwoordelikheid om kinders te beskerm eerder as om hulle as wapens of skilde tydens gevegte te gebruik. Ons doen ʼn beroep op gemeenskapslede om professionele hulp van maatskaplike werkers te soek wanneer hulle met maatskaplike uitdagings gekonfronteer word, maar om nooit geweld toe te pas ten koste van ons kinders nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanEtz ·

Dr wat haar 3 dogtertjies in Australia vermoor het, kry wêreldwye media dekking.. .
Basuin hierdie wrede daad ook uit ASB

Nico ·

‘n Onskuldige kind wat as gevolg van die ouers se probleme hom/haar lewe verloor het is moord en moet met die dood gestraf word.

Sê maar net ·

Grusaam. Sit haar in die tronk en gooi die sleutels weg… :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.