Ma wat glo kinders moor in hospitaal

(Argieffoto: Bret Kavanaugh/Unsplash)

ʼn Oos-Kaapse ma wat teregstaan op die gru-moord van haar kinders het nie Vrydag in die hof verskyn nie nadat sy by ʼn hospitaal opgeneem is.

Nomboleko Simayile (32) sou in die Ngcobo-landdroshof verskyn vir die moord op haar vier kinders, onderskeidelik twee, vyf, nege en 11 jaar oud, maar die saak is uitgestel weens haar swak gesondheid.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die hof het in haar afwesigheid die saak tot 29 November uitgestel, aangesien sy na ʼn hospitaal oorgeplaas is nadat sy in die aanhoudingselle siek geword het.

“Staatsaanklaer Lindelwa Totyi het aan die hof haar voorneme bekend gemaak om by die volgende verskyning aansoek te doen dat die beskuldigde vir waarneming ingevolge die Strafproseswet verwys word,” sê Tyali.

“Volgens die staat bestaan daar ʼn redelike vermoede dat Simayile nie geestelik geskik is om verhoor te word nie.”

Simayile is verlede week in hegtenis geneem nadat haar eie pa op sy vermoorde kleinkinders se lyke in ʼn rondawel op Mhlabubuomvu naby Engcobo afgekom het. Al vier kinders is met ʼn hamer doodgeslaan.

Die beskuldigde het na bewering aan haar pa erken dat sy die twee seuns en twee dogtertjies vermoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.