Magudumana kop onderstebo in hof

Dr. Nandipha Magudumana tydens haar eerste hofverskyning. (Foto: Skermgreep via Twitter)

Die reeksverkragter en veroordeelde moordenaar Thabo Bester se vriendin en medevoortvlugtige, dr. Nandipha Magudumana, het Donderdag kop onderstebo in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn ure nadat die paartjie na Suid-Afrika uitgelewer is.

Magudumana het vroeg vanoggend in Gauteng aangekom nadat sy en Bester byna ’n week gelede in Tanzanië naby die grens van Kenia voorgekeer en in hegtenis geneem is.

Magudumana, ’n mediese dokter, is intussen onder polisiebewaking na Bloemfontein geneem waar sy en nog ’n medebeskuldigde, Teboho Lipholo, vanmiddag vlugtig in die hof verskyn het.

Magudumana was byna onherkenbaar in die beskuldigdebank waar sy in ’n kakiegroen kappietop en met ’n gesigmasker op gesit het.

Lipholo, ’n werknemer van ’n maatskappy wat gekontrakteer is om kameras by die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis te installeer en in stand te hou, het ook kop onderstebo in die beskuldigdebank gesit.

Lipholo is Dinsdag in hegtenis geneem vir sy beweerde aandeel in Bester se destydse ontsnapping uit aanhouding. Hy word daarvan beskuldig dat hy hulp aan ’n veroordeelde gevangene verleen het om uit wettige aanhouding te ontsnap, regsverydeling en lykskending.

Die saak teen Magudumana en Lipholo is tot Maandag uitgestel. Hulle sal na verwagting dan saam met hul ander medebeskuldigdes, onder wie Magudumana se pa, in die hof verskyn.

Hulle sal na verwagting dan ook aansoek doen om borgtog.

Magudumana en Lipholo bly tot dán in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Bester word sedert sy uitlewering in die Kgosi Mampuru II-maksimumveiligheidsgevangenis aangehou.

Makgothi Samuel Thobakgale, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het vroeër gesê dié tronk is “die mees geskikte plek vir hom om te wees”.

Volgens Thobakgale sal Bester 24 uur per dag deur hoogs opgeleide beamptes bewaak word om te verseker dat daar geen sekerheidsbreuke is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Frans ·

Die regter moet nou aanneem dat die swaar vermomde vrou wel die Dr is.

Perdeby ·

Ek twyfel, die klomp het nou hulle les geleer, want hulle is ‘n vlug risiko

Wondermaarnet ·

In SA leer niemand ‘n les wanneer dit by beskermde wild kom nie.

Debbie ·

As Bester en die Dr borg kry dan weet ek wragtig nie hoe ons staat werk nie

Perdeby ·

Hulle sal nie, hulle sal in aanhouding bly tot vonnisoplegging

Samuel ·

Nee wat, Bester sal nie borg kry nie, maar die dokter mag wel.

Wondermaarnet ·

Hoekom word daar nog na haar as Dr verwys? Sy moet NOOIT weer praktiseer nie en gestroop word van die titel dr.

TruthDealer ·

Ek dink sy was, omdat sy versuim het om haar lidmaat geld aan die SA mediese raad te betaal. My dogter is apteker en het haar al hoor praat van jaarlikse ledegeld. Klink vir my na n simpel geldmaak storie, jy verloor mos nie outomaties jou kennis as jy nie betaal nie.

Gertdup ·

Dit is classic dat na hulle nonsens aangejaag het hulle nie hulle gesigte wil wys nie.????????

Gertdup ·

Nou hoekom word die gesig weggesteek? Almal weet al van hulle.????????

Republikein in die Wes Kaap ·

Bester en die dokter is steeds op vrye voet. Hierdie twee is dubbelgangers wat gebruik word as ‘n rookskerm, teen ‘n stewige vergoeding. Hulle sal weer terugkeer na hul tuislande. Sodoende word die staat se aansien beskerm.

annie ·

Is dit werklik toelaatbaar in ons howe dat misdadigers hul so verbloem. G’n mens kan so by ‘n bank of besigheid opdaag nie. Jy sal uitgegooi word of die polisie sal geroep word… Dan kan jy so vir jou saak opdaag. Oulik!

whatever ·

Hoop sy word geskrap van die rol. Sy is ‘n skande vir die mediese veld. Is nie die titel dr werd nie

SomeOne ·

wat help dit sy steek nou haar gesig weg, in alle nuus kommentare is daardie gesig beskikbaar, lol

Elize ·

Genugtig het sy werklik studeer vir ‘n dokter of is die sertifikaat net aan haar oorhandig? Sy moet maar lekker skuil agter haar kappie en masker want o vrek sy sal haar kennis van medies nodig kry as sy die traliehek agter haar hoor toeslaan

PersHeks ·

Dit help nie jy steek jouself nou weg nie…ons almal weet hoe jy lyk sussie!!!

Ropp ·

Seker die vinnigste uitlewering in die NUWE Suid-Afrika se geskiedenis. Laat mens nogal wonder

JohanR ·

Die hele land weet wie jy is skattie. Nou gaan almal in die tronk jou ook ontmoet. Jy kan darem se jy het vir ‘n paar maande in jou lewe in rykdom gelewe!

Peach ·

Waarom is almal so op hol, touchy en venynig? Almal vergeet vd regs beginsel, “INNOCENT, UNTIL PROVEN GUILTY”

Kandas ·

Die ander beamptes was seker dan nie opgelei, indien Bester nou deur hoogs opgeleide beamptes bewaak word. Klugspul!

Korrelkop ·

Meeste van my mense sit met studieskuld op 28 maar hierdie mêdem ry met ‘n Porche rond??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.