Makhura bedank; Lesufi dalk gou premier

David Makhura het Dinsdag as premier van Gauteng bedank. (Foto: GCIS)

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, kan dalk binnekort dié provinsie se nuwe premier wees nadat David Makhura Dinsdag bedank het. Makhura was meer as agt jaar premier van Gauteng.

Hy het Dinsdag in ʼn verklaring aangekondig dat hy sy bedankingsbrief by Ntombi Mekgwe, speaker van die provinsiale wetgewer, ingedien het.

Maroela Media het vroeër berig dat Lesufi einde Junie tot voorsitter van die ANC in Gauteng verkies is, en Makhura moontlik as premier sal vervang.

Makhura se bedanking tree Donderdag in werking.

Daar is ’n moontlikheid dat Panyaza Lesufi die leisels as premier van Gauteng kan oorneem. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS

“Ek het die mense van Gauteng met nederigheid en die uiterste toewyding en integriteit in my agt jaar lange ampstermyn gedien,” het Makhura in sy verklaring gesê.

“By die ANC se 14de provinsiale konferensie het ek die aflosstokkie aan die nuutverkose leierskap onder leiding van kameraad Panyaza Lesufi oorhandig.”

Makhura sê hy het deeglik met die leierskap van die ANC beraadslaag oor wanneer die beste tyd sal wees om uit te tree om ʼn gladde oorgang te verseker wat in die beste belang van Gauteng en sy inwoners sal wees.

Die ANC in Gauteng het in ʼn kort kennisgewing gesê die party neem kennis van “mediaberigte oor Makhura se bedanking”, en dat hulle ʼn spesiale vergadering met die provinsiale uitvoerende komitee belê het om die saak te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Waarnemer ·

Sal n goeie ding wees as die Valke net gou sy bank rekening nagaan!

Jacques ·

Een useless bag of bones vervang die volgende. Geen wonder ons gaan so vinnig agteruit.

Vonkprop ·

Beste tyd om ‘n gladde oorgang te verseker. Hahahaha. Asseblief, by die ANC is die tyd nooit perfek nie en niks loop glad nie.

piet ·

Lesufi het ambisie en gaan dit nog ver bring in politiek. Volgende president…..

Mariana ·

Mag die Vader ons behoed. Daai opgepofde rassistiese een gaan nog groter hel bring.

Nie Verbaas ·

Lesufi as premier. Behoed ons daarvan. Die man se mond werk vier keer die spoed van sy brein.

Kokerboom ·

Ten nminste is Lesufi dan weg by onderwys. Hy is egter daarop uit om Blankes gas te gee. Hou die ruimte dop

Yvonne ·

Lesufie se doel…oppad na presidentskap toe….genoeg arrogansie

Boer ·

Een goeie ding is as Panyaza Lesufi oorvat dan kan ons dalk die skole in Gauteng red.

Grassie ·

Ek het al lankal voorspel dat Lepufi dalk in die toekoms nog president van die land gaan word. Hy beskik oor al die vereistes wat vir die ANC belangrik is vir presidentskap. Ek wil graag ‘n paar noem maar ek sukkel om deesdae ‘n kommentaar geplaas te kry. Dit is egter ook nie nodig nie, almal hier by Maroela ken sy streke en geslependheid.

Marelize ·

Ja kameraad ek het nou genoeg gesit en niks doen nie dis nou jou beurt.

Boon ·

David gaan seker nou ambassadeur word as beloning vir ondergang van Gauteng

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.