Malema, ANC by VN verkla

Die EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF)

Die DA het Maandag aangekondig dat hy Julius Malema én die regerende party by die Verenigde Nasies (VN) se Menseregteraad gaan verkla.

Die opposisieparty gaan ook ’n klag by die parlement se etiekkomitee teen Malema indien, in sy hoedanigheid as parlementslid.

John Steenhuisen, leier van die DA, sê sy party gaan die VN nader oor Malema se “herhaalde aanhitsing van etniese geweld” en die ANC se “jare lange versuim” om teen Malema op te tree.

Dié klagtes volg nadat Malema die afgelope naweek voor duisende ondersteuners die lied “Kill the Boer” tydens die EFF se verjaardagvieringe by die FNB-stadion in Johannesburg gesing het.

Steenhuisen beweer Malema het minstens drie oortredings ingevolge die VN-handves begaan, naamlik rakende die konvensie oor die voorkoming en straf van die misdaad van volksmoord; die verklaring oor die regte van persone wat aan nasionale of etniese, godsdienstige en taalkundige minderhede behoort én artikel 27 van die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte.

Steenhuisen sê dit lyk asof Malema vasbeslote is om die burgeroorlog wat Suid-Afrika in 1994 afgeweer het, aan te wakker.

“Julius Malema het op ’n verhoog voor 100 000 mense in Soweto gestaan en haat, verdeeldheid en etniese geweld bevorder.

“Vanaf daardie stadion in Soweto het Malema aan duisende volgelinge gesê hulle moet ‘skiet om dood te maak’. Hy het hulle opdrag gegee om die boer dood te maak … die geluid van masjiengeweervuur nageboots.

“Julius Malema het ons presies vertel wie hy is. Dit is tyd dat ons hom glo,” sê Steenhuisen.

“Vir veels te lank het mense in die regering, die media, die burgerlike samelewing en grondwetlike instellings geweier om Malema te erken vir die bloeddorstige tiran en demagoog wat hy werklik is.

“Hierdie mense het gehelp om Malema se haat en rassisme te normaliseer.”

Steenhuisen sê die DA win tans regsadvies in om die Openbare Beskermer en die howe te nader.

Steenhuisen se boodskap aan die boere

Steenhuisen het Maandag spesifiek ’n boodskap aan die boere gestuur:

“Hoewel Julius Malema se geweld ons hele land in swaarkry sal dompel, koester hy ’n besondere haat vir ons boere.

“Ek wil u daarom aanmoedig om Malema ernstig op te neem en, binne die raamwerk van die wet, gepaste stappe te doen om u plaas en familie te beskerm.

“Waar u enige vrae het, of hulp kort, kontak asseblief u plaaslike DA-verteenwoordiger en ons sal help.

“In teenstelling met Malema se haat, koester die DA respek en bewondering vir die brawe boere wat ons almal voed.

“Daarom sal ons alles in ons vermoë doen om Malema te stop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

HPJ ·

Dit is nog net die DA en hulle klaerige leier wat in die VN glo Steenhuis hardloop na almal en kla maar doen absoluut niks aan enige iets nie Hardloop hy nie hof toe oor Putkin nie ,hardloop Winde VSA toe Hierdie is n bewys ,dat as daar ooit n groter patetiese party is as die ANCDan is dit die DA Da is n pary sonder beleid en kerm en kla om dit weg te steek

HPJ ·

Wel ek gaan hulle nie help om stemme te werf nie Ek is bly die DA (ANC LIGHT) wys hulle ware kleure as n pateties lot klagatte Wat niks foen behalwe om na die hof ,n kommisie of die VN te hardloop nie Gaan kyk maat in Santon hou hulle optogte vir LBYQ Het jy hulle al n optog sien hou vir plaasmoorde Nee want dit pla hulle nie want hulle base in Washington is gepla met LBTWQ maar voel n veer vir plaasboere

Kuver ·

En doen jy of enige ander party iets daar omtrent, wie anders gaan vir ons opstaan, die VF- praat ook net, actionsa is doodstil, acdp missing in action, wie stel jy voor

HPJ ·

Die Thre stooges of SA politiek die DA ANC en EFF het geen oplosings nie Al drie van hulle sal die land vernietig om te kan regeer Die verskil is die DA wag wat hulle base in Washington se hulle moet doen Dien jy ooit n berig waarin die DA iets se oor plaa moorde

piet ·

Die DA doen wat hulle kan doen volgens die Grondwet en die ander Wette van die land. Watter ander alternatief is daar, oorlog verklaar of iets? Hulle doen darem nog iets ander partye doen zero en is useless.

HPJ ·

Die DA doen absoluit niks nie Hulle gaan maar net deur die mosies Hulle speel die blame game Hulle blammeer die ANC soos die ANC appartheid blammeer Hulle doen wat hulle BASE in Washington se Hulle hou optogte vir LBTQ maar se niks oor plaas aanvalle nie

Minnie ·

Ek bid jy en jou gesin is veilig…..vir altyd.
Ons as gesin is ongelooflik bang en onseker.

Gaitsigubib ·

Jesaja 41:10 se jou “moennie bekommerd wees nie, Ek is jou God”. Slegte dinge gebeur wel met mense en dit is nie omdat hulle hul nie tot God wend nie Minnie, die fout le by ons kollektief. Dis menslik om jouself te bekommer, vra egter God om jou met wapenrusting uit te rus wat n vrees in jou vyand sal injaag. As jy my sien sal jy dalk uitbars van die lag, maar my vyand is bang vir my.

HPJ ·

Dankie Ons moet bid en vertrou want die Three stooges in SA Politiek (ANC DA EFF)maak dit onveilig

Hasie ·

En jy wend geen poging aan om iets te doen nie ? Kantlyn speler wat dinge beter kan doen ? Doen iets meer prakties as om hier derms te ryg .

Eugene ·

Dit is nie moontlik om plase te beskerming ‘binne die raamwerk van die wet’ nie.

H.A. ·

Hoeveel keer wil hulle nog VN toe hardloop ? Hoeveel klagtes het die VN al van ons ontvang ? DAAR GEBEUR NET MOOI NIKS ! .

Johan ·

Nee wat, die DA glo nog in die weste…siestog. Hulle sal beter vaar as hul Rusland nader vir hulp, hul kan dit dalk nog kry ook.

HPJ ·

Feite Die DA is gepla oor wat hulle base in Washington se Nie oor SA nie

Anna-marie ·

Die VN sal niks doen nie, hulle is te bang hulle word beskuldig van rassisme as hulle waag om die boere te help.

Tsek! ·

Kan nou nie regtig die twee met mekaar vergelyk nie – Putin het afterall die hele russiese weermag agter hom…en maak dit baie moeilik om hom vas te trek.

otter ·

Waar is die regsgeleerdes hier , kan ek n klag gaan indien teen daai “mens” , ek voel my lewe word bedreig deur hom wat my wil dood maak ? net n vraag

Jaco ·

Die EFF sing kill the boer en sê baie lelike goed teen wit mense. Die ANC-regering se menseregtekommissie sê dis nie haatspraak nie en die ANC-regering kom met regstellende aksie en BEE teen wit mense.
So dis alles mos nou 200% duidelik dat hulle NIE van ons wit mense hou nie.
So wat van ‘n wet wat sê alle wit Suid-Afrikaners word na Europa, Amerika, Kanada en Australië gedeporteer MET stempels in hulle paspoorte wat duidelik sê “this passport holder is FORBIDDEN to return to South Africa”. Dan is daardie lande as gevolg van hulle hoogheilige verbintenis tot “human rights” VERPLIG om ons wit mense in te vat. Eerlikwaar, ek is nou amper 56 jaar oud en ek het baie eiendom en belange in SA, maar ek is ten volle bereid om met net die klere aan my lyf in enige van daardie lande van vooraf te begin. Ten minste TEL meriete, ondervinding en opleiding nog behoorlik daar. Nie die “regte” velkleur soos in dié simpel anti-wit SA nie.

Anna-marie ·

Jaco, jy weet nie in watse gemors lande soos Amerika, Kanada, Frankryk, Swede, Engeland is agv van oop grense waar immigrante net in stroom nie.

Delia ·

Jaco, verkoop jou eiendomme en emigreer. Jy het duidelik seker genoeg geld. Dan sal jou hart gelukkiger wees.

Hendrik ·

HPJ kom vertel ons asseblief wat jy doen. Met jou gesindheid sal dit sekerlik talle bladsye wees wat ons lank sal besig hou.

HPJ ·

Beslis het die DA geen beleid wat wesenlik verskil van die ANC nie Hulle claim to fame is AS JY NIE VIR ONS STEM NIE DAN STEM JY VIR DIE ANC Wat n absolute liegstorie is Tweedens nie die DA se grootbek leier dink die VN het enige mag As hulle mag gehad het sou daar n bindende VN resolusie teen Rusland gewees het Derdens die DA het nog nooit oplosings gebeid nie Gaan kyk na al die berigte op Matoela hulle kla en kerm net So ja ENIGE IEMAND KAN BETER DOEN AS DIE DA EN ANC

Delia ·

Gee jou voorstelle asb of miskien beter. Stig n goeie opposisie. Nee, ek is nie n DA lid

HPJ ·

Hoekom moet ek hulle help om stemme te werf Die lot liberales moet voortgaan met wat hulle doen Die DA is soos die Weste hulle sal alles vernietig solank hulle net kan oor die as regeer Hulle hou optogte vir LBTQ in Santon (want hulle Base in Washington se so)maar waar is hulle optogte vir plaasmoorde Ek vra maar net

gatgogga ·

Nou wie sal jou nogal vra om stemme vir die DA te werf? Ek vra maar net.
Hou op met jou gal-brakery – jy raak nou vervelig.

SomeOne ·

indien ek op die hoofweg ry en ‘n klip word vanaf ‘n brug op my voertuig gegooi, is dit “POGING TOT MOORD, of wat is die regte woorde daarvoor

annie ·

Vergeet dit John. Klagtes moet uit die mond van die bedreigtes kom. Die DA speel vir stemme. Die VP, die DA se oupa, het haat aangestig teen Afrikanerboere en noudat Engelse ook in die spervuur is, spring die DA om. Die skade is gedoen. Wat van nog ‘n besoek aan Zelensky en Biden? Dalk ‘n besoek van Zolly aan die Kaap? Hy sal teen Malema raat hê.

Papsak ·

Dankie DA ek hoop regtig hulle staan nou op en doen iets aan Malemma se hastspraak liedtjie hy het net nie ore nie ploeter net voort en hits net aan en op teen wit

Herman L ·

Het die VN al ooit ten gunste van rede in Suid-Afrika opgetree? Dit lyk meer na ‘n werkskepper as iets anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.