Malema en kie nié welkom by staatsrede – hof

Julius Malema tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016. (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Dis amptelik: Julius Malema, Floyd Shivambu, Mbuyiseni Ndlozi, Marshall Dlamini, Sinawo Tambo en Vuyani Pambo mag nié pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand bywoon nie.

’n Volbank regters van die Wes-Kaapse hooggeregshof het die EFF-LP’s se tweede aansoek rakende hul bywoning van vanjaar se staatsrede – met enkele ure te spaar voor vanaand se staatsrede – van die hand gewys.

Dié aansoek, waarin die EFF-LP’s hul skorsing van die parlement betwis het, is vanoggend nes die oorspronklike aansoek met koste van die hand gewys.

Malema, Shivambu, Ndlozi, Dlamini, Tambo en Pambo is verlede jaar sonder vergoeding geskors nadat hulle deur die parlement se magte-en-voorregte-komitee aan minagting van die parlement skuldig bevind is.

Die LP’s is geskors nadat hulle verlede jaar die verhoog tydens Ramaphosa se staatsrede bestorm en geweier het om die sitting te verlaat. Hulle is uiteindelik deur die parlement se veiligheidsdienste verwyder.

Die skorsing is van 1 Februarie tot 29 Februarie van krag.

Malema het Woensdag aan ondersteuners van die EFF in KwaZulu-Natal gesê oudpres. Jacob Zuma het nooit die EFF uit die parlement verbied nie.

“Ons het met Zuma baklei. Zuma het ons [egter] nog nooit verbied om parlement toe te gaan nie. Vandag het ’n man wat hulle sê die mees demokratiese man is, ’n deursigtige man, ’n man wat nie korrup is nie, die EFF verbied om aan die staatsrede deel te neem omdat hy bang is vir die EFF.

“Maar jy sal nooit die stem van die stemloses onderdruk nie, want of Malema in die parlement is of nie, lede van die EFF is daar in die parlement en die teenwoordigheid van die EFF sal daar gevoel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

latie ·

rooi betekan stop kan nie verder gaan nie jul moes ander kleur vat soos pienk kan jul dalk ingaan

Manie ·

Kom ons kyk saam met wie gaan die EFF staan na die verkiesing wanneer hulle stemme gaan tel, hetsy vir die ANC of Koalisie.

Jaco ·

solank die EFF en die ANC van mekaar verskil, juig ek, want so word tyd gewen en onteiening sonder vergoeding uitgestel. glo my mense, dit gaan NAG wees vir ons wit mense as die EFF en die ANC mekaar eendag finaal vind en volledig vrede maak en dan begin met onteiening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transformasie.

koos10 ·

Baie ironies ne, hulle het gehelp om Zuma te laat val, en nou is hy beter as sy opvolger, wat ironies genoeg met Malema en die ANC jeugliga oorreed is om politiek te betree. Hierdie party weet nie wat hulle wil bereik of doen nie, behalwe om dwars te trek met alles. Snaaks dat hulle nie geprotesteer het toe 15 Des 2023 ‘n vakansiedag gemaak was nie.

bolletjie blom ·

EFF julle het dit oor julle self gebring. Weet mos nie hoe om julle te gedra nie.

RissiepitAnna ·

Ek kan nie glo dat ons mense vir die storie val nie. Die AenC en die EFF was nog altyd onder dieselfde laken. Die EFF is die militante deel vd die AenC. En doen wat die AenC nie “openlik” wil doen of se nie. (gehoor van n EFF lid) – hulle doel is ook om die aandag van die AenC af te ly – spesifiek wanneer daar n probleem of 2 blykbaar te wees.
(gaan doen n beitjie huiswerk mense, gaan vis n bietjie by die EFF members uit) – its very entertaining wat jy hoor.

Porseleintjie ·

Demoktaties man, deursigtige man, man wat nie korrup is nie?? Malema, daar is glad nie so n man in die parlement nie. Jy speel gevoel op die ‘n snaar wat eenvoudig nie bestaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.