Malema, Ndlozi Maandag weer in hof

Malema en Ndlozi na ‘n vorige hofverskyning. (Foto: EFF/Twitter)

Julius Malema, leier van die EFF, en EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi sal na verwagting Maandag weer in die Randburg-landdroshof op aanklagte van aanranding verskyn.

Malema en Ndlozi staan op die aanranding van kol. Johannes Venter, ʼn senior polisielid van die Suid-Afrikaanse polisiediens, tereg.

Die vervolging kom ná volgehoue druk deur die burgerregte-organisasie AfriForum, wat die hof in 2019 met ʼn mandamus-aansoek genader het om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van Malema in hierdie saak én twee ander hangende sake teen hom te neem.

Die beweerde aanrandingsvoorval het in April 2018 by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela plaasgevind waar Malema en Ndlozi glo die kolonel in uniform aangerand het.

Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang en wyd op sosiale media versprei.

Hoewel Venter ʼn klag by die polisie ingedien het, blyk dit dat die saak eers aandag gekry het ná die organisasie se private vervolgingseenheid navraag oor die ondersoek ingedien het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Swerwer ·

Waarom is die 2 nog nie toegesluit nie? Regtig Hoed, jy moet begin optree teen jou trawante.

Persheks Adri ·

Dis sy maatjie Swerwer onthou jy Senekal? Hand om die blaas… Bekotsingswaardig verby

Johan ·

Malemma en zuma kan hopelik nog saam tee gaan drink…in die tronk.

Werner ·

Weet nie hoekom dit nog nuuswaardig is nie.Die saak gaan net weer uitgestel word en hy gaan net soos sy rolmodel zuma niks oorkom nie

Persheks Adri ·

Kry nou rigting magtag man! Sommer vir die afvuur van wapen ook in die publiek! Pateties dat die saak so lank vat

Misky ·

Hou op hierdie krimineel so baie gratis publisiteit gee. Vonnis hom en vertel ons dan hoe lank.

Sien is glo…..

Bosveldbul73 ·

Jy slaan die spyker op sy kop! Daar word lankal al geglo dat Maleme en sy EFF maar net die ANC se “stoutgatte” is… Hulle maak moeilikheid en hits mense aan, en dan kom die ANC en paai en troos en ‘probeer’ lyk soos die held… Magtag man!

Androclus ·

Waatoor gaan hy nog aan as die bewyse op kringtelevisiekameras is.Sluit hom toe dis al.

Hoekom ·

As die regstelsel nie konsekwent is nie, sal jy nooit misdaad kan bekamp nie…

Mariana ·

Wens so dat hierdie uitvaagsels nou ‘n slag toegesluit word, nes hul vriend Zuma. Maar hulle loop vry rond maak nie saak wat hulle doen of sê nie.

Yvonne ·

So sloer sake vir jare en jare ….die howe is al soos die res van die land…gehawend….die partye hou die howe so besig gewone sake kry nie eers aandag nie

Hasie ·

Hoekom sloer die saak so .Wat meer wil die regter hê. Die getuies is daar ,handel die saak af en beweeg aan. Dit nou al lank genoeg .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.