Malema: ‘SA sal vervelig wees sonder wit mense’

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag ná sy verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste, aan sy ondersteuners buite die hof gesê Suid-Afrika “sal vervelig wees sonder wit mense”.

Malema se verhoor is hangende ʼn uitspraak oor die grondwetlikheid van die aanklagte teen hom tot 27 Julie uitgestel. Die EFF-leier se regspan betwis die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste en die EFF beskuldig die staat dat hy “wette uit die apartheidsera” gebruik om kritici stil te maak.

Talle ondersteuners, almal geklee in rooi T-hemde, het ter ondersteuning van die EFF-leier buite die hof saamgedrom waar Malema hulle toegespreek het.

Malema het in 2014, op ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein, aan EFF-lede gesê hulle moet grond beset. Nadat Malema verlede jaar op hierdie aanklagte in die hof verskyn het, het hy weer eens aan sy ondersteuners buite die hof gesê hulle moet “enige mooi stuk grond wat [hulle] sien, vat”, omdat dit “deur volksmoord” by swart mense afgeneem is.

Malema het in Julie 2017 in ʼn afsonderlike saak in die Newcastle-landdroshof verskyn op aanklagte van aanhitsing tot geweld. Hy het in Junie 2016 vir sy ondersteuners gesê om grond te beset omdat dit aan swart mense behoort en wit mense nie eienaars van grond kan wees nie. Nadat hy in die Newcastle-landdroshof verskyn het en die saak uitgestel is, het Malema buite die hof aan sy ondersteuners gesê om “grond te beset, want hulle het nie vir julle grond gegee nie”.

Malema het ʼn sleutelrol gespeel dat die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding na die politieke diskoers gebring is. Die EFF het in Februarie ʼn mosie van onteiening sonder vergoeding in die parlement voorgestel, en dit is deur die meerderheid goedgekeur. Die ANC het gesê onteiening sonder vergoeding moet op só ʼn manier plaasvind dat landbouvervaardiging en voedselsekuriteit verhoog en die ekonomie nie skade ly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andrea

Ja, sal vervelig wees! Wie gaan jy haat en vir alle probleme blameer? Jy en jou makkers gaan dan moet “man-up” en verantwoordelikheid aanvaar. Nee, dit gaan sleg wees vir julle, glad nie lekker nie.

Lag maar

Sal sien hoe hy lag en verveelt is met n honger maag as die boere almal weg is.

honourable member

Ons voel maar dieselfde oor jou. En so gaan die rassisme net aan en hierdie mense kom maar net niks oor nie.

Lollie

Malema, SA sou ń beter plek gewees het sonder jou! Wit en swart KAN saam in dieselfde land woon sonder enige rassehaat maar ‘mense’ soos jy maak dit onmoontlik! Jy verhewe jou bo ander, veral wittes! Die son skyn vir almal! Eintlik baklei wit en swart vir dieselfde dinge! Almal wil vrede ervaar en veilig voel, ń inkomste verdien en verkragters en moordenaars aan die pen laat ry! Jy en jou gevolg kan ook grond kry maar dit is nie jou probleem nie, JY WIL ALLES HÊ!!!! Jy saai haat en onmin! Niemand kan sê die grond het aan hulle… Lees meer »

Dolla

Verstaan nie hoe kom hy heeltyd weg met sy rasisme nie???