Malema: ‘Wittes nie geregtig op grond nie’

Julius Malema in die hof.

Julius Malema in die hof.

Julius Malema, EFF-leier, het Maandag gesê wittes is geensins geregtig daarop om grond in Suid-Afrika te besit nie, aangesien wittes “swart volksmoord gepleeg het” toe hulle swartes van hul grond ontneem het.

Malema het sy ondersteuners buite die Newcastle-landdroshof toegespreek waar hy vroeër die dag moes verskyn op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging van EFF-ondersteuners om grond te beset. Malema het volgehou dat hy niks verkeerd gedoen het nie en het gesê die aanklagte teen hom was ʼn poging deur pres. Jacob Zuma om sy politieke opposisie uit te skakel.

Hy het ook gesê die wette wat hy na bewering oortree het, is “apartheidswette” wat deur die apartheidregime geskep is.

Malema, geklee in ʼn pak en das, het verder beweer dat die Britse monarg koningin Elizabeth die titelaktes vir eiendom in Suid-Afrika in haar besit het en dat die ANC-regering te bang was om dit terug te vra. “Hierdie land is steeds in die hande van die koloniale meesters. Hierdie land is nog steeds in die hande van wit mense. Hierdie land word uit Londen beheer,” het Malema gesê.

“Daar is nog stukke grond hier in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en plattelandse provinsies waarvan die titelaktes steeds deur die koningin in Londen besit word. Die ANC, wie se T-hemde julle vandag dra, weet nie hoe om die titelaktes by die koningin in Londen te kry nie.”

Malema het gesê hy is nie bang om tronk toe te gaan in sy stryd om vir grond te veg nie. “Die wit man was vir te lank gemaklik. Ons is hier om onbeskaamd die wit man se vrede te versteur, omdat ons nie vrede ken nie. Ons weet nie hoe vrede lyk nie. Hulle swem in ʼn swembad van voorregte. Hulle geniet hulself omdat hulle nog altyd ons grond besit het.”

Hy het gesê toe wittes in Suid-Afrika aangeland het, het hulle “swart volksmoord gepleeg” om swart mense van hul grond te onteien. “Hulle het vreedsame Afrikane hier gevind. Hulle het hulle doodgemaak, hulle geslag soos diere. Ons vra nie vir die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie. Wat ons vra, is die vreedsame besetting van grond en ons hoef vir niemand daarvoor om verskoning te vra nie.”

Hy het gesê die ANC het die aanklagte teen hom gemaak namens wittes. “Wit minderhede, wees gewaarsku. Ons sal ons grond vat. Dit maak nie saak hoe nie. Dit is op pad en dit is onvermydelik. Die grond sal gevat word op enige manier wat nodig is.”

Malema het verder gesê dat die parlement ontbind moet word en ʼn vroeëre verkiesing gehou word om ʼn “geldige parlement” op die been te bring en ʼn “geldig verkose president” aan te wys. “As julle nie die president verwyder nie, wys julle vir die Grondwet die middelvinger,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Malema se regsverteenwoordiger het in die hof aangedui sy kliënt gaan ʼn hooggeregshofaansoek indien om die Wet op Oproerige Byeenkomste ongrondwetlik te laat verklaar. Daar is versoek dat die saak uitgestel word sodat Malema die aansoek kan indien. Landdros Ian Colditz het die aansoek toegestaan en gesê indien Malema se aansoek teen 7 Desember nog nie ingedien is nie, moet hy weer in die hof verskyn.

Indien bewys voor dan gelewer kan word dat die aansoek wel ingedien is, moet Malema eers weer op 5 Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

74 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Strauss

Solank Malema dan die grond weer vir die Khoisan terug gee.

Sanna

Gaan hy nooit ophou nie. Malema mak en breuk en se net wat hy wil, maar nogsteeds word hy nie gestraf nie? Wanneer gaan dit ophou. Dis al hoeveel jare nie meer 1994 nie. En om te se die wittes lewe te heerlik met swembaddens ens? Hy weet net mooi niks, hy hak vas by een ding en kan nie sien hoeveel twak hy kwytraak nie

Raymond Bastone

Malema moet groot word en wakker ook. Die mannietjie maak net wat hy wil tot die slim regeering is bang vir hom. Wel weet ons gaan nie stil sit en kyk hoe hy moor onder die boere nie stop dit ons is dik vir jou k!!”

Jakes

Hello dolly! Wat het Julius al opgebou of gekoop?
Die media gee hom ‘n platform, neem dit weg en hy is niks. Margaret Thatcher het dit baie goed in haar land gedoen.

Andre

Met verwysing na Julius Malema se uitlatings vandag, m.b.t. die besetting van grond. As ons die dekolonialisasie aandrang tot sy logiese implikasies navolg, sal die Afrika kontinent se politieke landsgrense moet afgeskaf word. Dié grense is immers in die koloniale era deur Europeërs getrek! Sonder die huidige koloniale landsgrense is daar miljoene hektaar grond vir Julius Malema (en navolgers) beskikbaar in die huidige Botswana (en Zambië) waarvandaan sy (Sotho) voorvaders Suidwaarts getrek het. Botswana is ‘n voorbeeld van ‘n land “sonder mense” aangesien die Tswana mense die Swart regering vrywillig agtergelaat het om na Wit Suid Afrika oor te stap.… Lees meer »