Man beken skuld op Normandien-plaasmoorde

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

’n 33-jarige man het skuld beken op die dubbelmoord op die bekende egpaar Glen en Vida Rafferty op hul plaas in die omgewing van Normandien naby Newcastle in KwaZulu-Natal.

Sizwe Tell Zwane is Woensdag twee keer 25 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op Glen (63) en Vida (60) in Augustus verlede jaar. Zwane is ook ’n verdere tien jaar tronkstraf opgelê op een aanklagte van roof.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Maroela Media het vroeër berig die Rafferty-egpaar se liggame is op 30 Augustus verlede jaar vroegoggend buite hul plaashuis aangetref. Hulle is die vorige aand koelbloedig doodgeskiet nadat hulle van Newcastle tuisgekom het. Een van hul honde is ook tydens die aanval doodgeskiet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, het Donderdag gesê speurders van die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad het Zwane op 12 Februarie in hegtenis geneem in verband met die moorde.

Hy is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind en gevonnis nadat hy skuld beken het.

Zwane is die derde verdagte om in hegtenis geneem te word vir die dubbelplaasmoord.

Sy twee medebeskuldigdes is op 15 Oktober verlede jaar reeds in hegtenis geneem en is verhoorafwagtend.

Volgens Naicker kan die moontlikheid van nog inhegtenisnemings nie uitgesluit word nie.

Die waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, genl.maj. Thulani Gonya, het die skuldigbevinding en vonnis verwelkom.

“Ons wil die ondersoekbeamptes wat die saak sedert Augustus verlede jaar noukeurig ondersoek het, loof. Hulle het deurgedruk met die ondersoek  en bly daartoe verbind om te verseker dat al die oortreders uiteindelik agter tralies is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jean ·

Altyd gelyklopend, so moor 1 of 20 mense jy sit dieselfde tydperk

Willem ·

Ek verstaan nie die regstelsel. 2 moorde, roof maar hy gaan net 25jaar sit. Nou wat word van die ander 35 jaar. Daai mense wat hy vermoor het kom nie trrug na 25jaar nie. Wat gaan aan in die land

Pietertjie ·

2 x 25 jaar = 3 jaar gratis verblyf en kos, dan parool sodat hy weer kan moor.

Keith ·

Very strange and unfair (to the victims and their families) legal system.

Mallie ·

Dis alles goed en wel, maar dit bring nie daai twee mense terug nie. Hoekom word hy nie ook vermoor nie, op dieselfde manier as wat hy gemoor het. Dit sal dan dalk dien as n afskrikmiddel vir die ander bokkers.

Barney ·

As hy tereggestel word gaan hy dood. Waar is die straf en lyding daarin? Ek dink 25 jaar tronkstraf is baie meer van ‘n straf – ten minste word jy blootgestel aan die goor elemente en ander wrede gevangenes. Om dood te gaan is die easy way out. Net my opinie

Nico ·

Die vonnis wat opgelê is lagwekend en pateties, bring terug die doodstraf, ek weet nie of dit ‘n afskrik middel sal wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.