Man by lughawe vas oor renosterhorings

(Foto: SAPD)

’n 41-jarige man is Donderdag by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo 26 kg se renosterhoring in sy besit gevind is.

Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het ’n veiligheidsbeampte by die lughawe die polisie attent gemaak op die verdagte se handbagasie wat verdag gelyk het. Die verdagte was op pad na Singapoer.

“By nadere ondersoek en ondervraging van die verdagte het die polisie 26 kg se renosterhoring in die man se handbagasie gevind. Daar is op die horings beslag gelê en die man is in hegtenis geneem.”

Daar is ook op twee selfone wat in die man se besit was, beslag gelê. Die verdagte al Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn in verband met die onwettige handel in renosterhoring.

(Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Doodstraf casper? Nee as hy nou die dag uit die tronk kom, is hy net reg vir ‘n ANC ministers pos!

Di ·

Mense van ander lande is besig om diere in SA uit te roei! Hulle sal nie ophou voordat daar NIKS oor is nie. Iemand moet iets drasties doen om dit hok te slaan, maar die vraag bly WIE?

marius ·

Die regering hoofkoppe is almal betrokke . Dieselfde met perlemoen .

Liemey ·

Pleks hulle die trippie deur voer en kyk waar die horings heen gaan???

Toy ·

Hier is mense in ons eie land wat diere sal dood maak net vir hulle eie gewin, dit is bitter hartseer om te dink daai renosters is wreed dood gemaak vir mense met bygelowe en geld. Hy moet sy pak vat wat hom toekom, bly hy is gevang.

Samuel ·

Dit is goed en wel dat hierdie vermeende smokkelaar so vinnig in hegtenis geneem is, maar ‘n mens sou graag wou sien dat die wetstoepassers met net soveel spoed en dringendheid op ander misdaad reageer.

JohanR ·

Sit die man in ‘n hok saam met ‘n renoster met ‘n lang paal, ekskuus horing……and let justice take it’s course!

Michele ·

Ek het soveel woorde om vir die man te se (woorde wat mens liewer nie hier sal gebruik nie)…. Ons wat elke dag met die wesies werk van stropers…. Gewetenlose monster!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.