Man ernstig beseer toe drukkoker ontplof

Argieffoto (Foto: Netcare 911)

ʼn Man van Waterfall in KwaZulu-Natal is ernstig beseer toe ʼn drukkoker ontplof terwyl hy kos gemaak het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is na die woning wes van Durban ontbied. “Hulle het kos voorberei toe ʼn drukkoker ontplof het. ʼn Man, wat langs die stoof gestaan het, is ernstig beseer.”

Die man het brandwonde aan sy gesig, nek en skouers opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chantz ·

Lyk my daar was nie genoeg water / sous in die pot gewees nie.

VaalDonkie ·

Daar sal natuurlik seker van hulle wees wat uit China kom wat gevaarlik kan wees. Nie almal wat ongelukke het, is dom nie. Maar my reel is as ‘n ding jou kan beseer as hy breek, dan koop jy ‘n ordentlike een of jy los dit.

Hulle is veilig. maar jy moet genoeg water in hom gooi sodat die ding nie te warm word (end die druk te hoog word) en dan ontplof nie. gelukkig die een wat ek het het ‘n wysertjie wat vir jou vertel of die druk te hoog is of nie.

Tanniepetoors ·

Sal graag die man se eie verduideliking wil hoor. Drukkokers ontplof nie as dit behoorlik gebruik word nie.

Willem ·

stem saam met tannie petoors. Drukkokers is veilig wanneer mens hulle reg gebruik.

melaney ·

Baie jare gelede het ons bure se drukkoker ontplof. Gelukkig was niemand ten tyde daarvan in die kombuis nie, maar die skade was baie groot. Tot vandag vat ek nie aan ‘n drukkoker nie.

Johan ·

Eerstens was die deksel rubberrek uitgedien,te min vog met té veel hitte,kan die metaal verweer. Ń deksel wat effens tekens toon van skade,mag nie gebruik word nie.

Danie ·

Sal graag wil weet wat het gebeur.
Indien die rubber oud is en nie meer dig sluit nie verloor die pot stoom, dit bou nie so n geweldige druk op nie.
Miskien was die pot drooggekook maar dan sou die veiligheidsklep in elk geval laaankal oop gegaan het en stoom uitlaat.
Die klep was seker verstop en kon nie beweeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.