Man met eie vuurwapen doodgeskiet

Foto: ER24

ʼn Man is oor die naweek in Witrivier in Mpumalanga met sy eie vuurwapen doodgeskiet nadat hy en sy broer ʼn ryloper opgelaai het.

ʼn 34-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van moord en sal vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn, het kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, gesê.

Andrew Thulare (46) het Saterdag saam met sy broer gery toe hulle die ryloper gewaar het. Hulle het besluit om vir hom ʼn saamrygeleentheid te gee. Thulare het later by ʼn vulstasie in Witrivier stilgehou en hy en sy broer het uitgeklim.

Die ryloper het intussen Thulare se vuurwapen in die motor gesien. Hy het die vuurwapen gesteel en te voet gevlug. “Thulare het gesien hoe die man van die motor af weghardloop en het in sy motor gaan kyk en gesien sy vuurwapen is weg.”

Thulare het die man agternagesit. Hy het in die hardloop omgedraai en Thulare geskiet voordat hy van die toneel gevlug het.

Paramedici van ER24 was kort 16:00 op die toneel waar Thulare in die pad aangetref is. Hy is in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Lede van die plaaslike veiligheidsgroepe het die verdagte intussen agternagesit en vasgetrek. Die vuurwapen is in sy besit gevind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Plaaskind ·

In vandag se tye kan mens nie meer waag om iemand op te laai nie.

Persheks Adri ·

Dis hoekom jy GEEN mens ‘n “lift” gee nie en maar minder vir jou medemens om gee… Ons moet wakker wees al bedoel ons dit goed los eerder veral in vandag se lewe

Tanja ·

Ek onthou as kind hoe my Pa altyd die weermag outjies langs die Nasionale paaie (daar was ook padtekens opgerig waar hulle moes staan en wag) ń saam ry geleentheid gegee het, ons kinders moes op mekaar se skote sit om plek te maak, partykeer some drie outjies en ń army balsak op ń slag, ek onthou die lekker gevoel wat ek gehad het om te weet ons het nou iemand gehelp . Dit is so hartseer dat ons nou in so ń donker land is.

Vriendelike Frikkie ·

Dit was ook die tyd van die Bellarynas (Bel en ry na). Jy kon bel en dan het hulle ‘n weermag man gekry om saam te ry. Jy weet wanneer en waar jy hom kry en so het baie manne naweke kon huistoe gaan. Vandag is dit moeilikheid soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.