Man op plaas deur weerlig doodgeslaan

(Argieffoto: pixabay)

’n Man is Maandagmiddag op ’n plaas in die omgewing van Elandsfontein in Gauteng deur weerlig doodgeslaan.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 16:55 met hul aankoms op die toneel ’n man in die veld aangetref waar hy bewegingloos gelê het.  ʼn Paar van sy kollegas het om hom gestaan.

“Medici het die man ondersoek en gevind dat hy geen tekens van lewe getoon het nie. Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie, en hy is dood verklaar.”

Die plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lollapot ·

Nomsa Dube sou die weerlig gedagvaar het in Januarie 2011, wonder of sy toe reg gekom het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.