Man op Pta-kleinhoewe doodgesteek

Argieffoto

ʼn 37-jarige man is Sondagaand tydens ʼn beweerde voorval van huishoudelike geweld op ʼn kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing, in die noorde van Pretoria, doodgesteek.

Sers. Portia Maleka, woordvoerder van die Kameeldrift-polisie, het gesê die polisie is omstreeks 19:15 na die toneel ontbied waar hulle die man in ʼn plas bloed op die vloer aangetref het.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die man glo dronk by die huis opgedaag en met sy 33-jarige vrou begin stry het. ʼn Geveg het uitgebreek, waartydens die man hul minderjarige kind by die deur uitgegooi het. Hy het glo sy vrou aan haar nek beetgekry en probeer verwurg,” het Maleka gesê.

Die vrou kon daarin slaag om ʼn mes in die hande te kry, waarmee sy glo die man verskeie kere in sy bolyf gesteek het.

Die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die vrou is in hegtenis geneem en moet voor die Cullinan-landdroshof verskyn sodra sy aangekla is.

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om nie stil te bly oor huishoudelike geweld nie.

“Maak dit bekend om herhalings van huishoudelike geweld te voorkom en die oortreders van verkeerde dade te weerhou. Dit is belangrik om te onthou dat strafregtelike klagte ingestel kan word in voorvalle waar huishoudelike geweld tot ʼn oortreding lei,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hoe nou

Vrouens word vertel om hulself te beskerm, maar nou word sy aangekla?? Die man het haar dan verwurg, hoe sou sy die “regte kanale” (wat inelkgeval nie werk nie) kon volg as sy verwurg was??

Elsie

Gee vir die vrou ‘n medalje

R N

Dit klink vir my na selfverdediging.

ilse

Die vrou is my suster en eerstens wil ek net se hy is een keer in sy bors gesteek en soveel soos die berug aandui nie. Hy wou hulle dogtertjie slaan toe sy hom steek. Dis n swaar tyd vir ons gesin en baie hartseer vir sy gesin maar ek dink enige ma sou doen wat sy gedoen het om haar kinders te beskerm.

thinus

Kom ek help bietjie die onsensitiewe en onkundige Sap. Die vrou is aangerand-sy moes eerste na DG geneem word vir ondersoek om dit te staaf. Die vrou kan na afneem van ‘verklaring as sy in so toestand was, op eie verantwoordelikheid vrygelaat word. Andersyds onder bewaking gehospitaliseer word. Die klagte behoort nie moord te wees nie maar manslag: verskoon die term. Die kind moes deur welsynswerker bygestaan word. Die SAP woordvoerder het dit ook verkeerd om te beweer dat die gevolge van huishoudelike geweld ( selfverdediging ) as misdryf beskou word. Al het dit tot die man se dood gelei.… Lees meer »