Man skuldig aan hamer-aanval wat lei tot genadedood

court-hammer_thumbʼn Man van Mpumalanga wat sy vrou so erg met ʼn hamer aangerand het dat sy haar tot genadedood gewend het, is in die Nelspruit-landdroshof aan poging tot moord skuldig bevind.

Edwin Cruywagen is skuldig bevind aan die aanval op sy vrou, Francis, op 21 Junie 2011. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte. Cruywagen het beweer dat hy die aand by die huis gekom het na ʼn kuier en gesien het sy vrou is aangerand. Hy beweer hy het toe die huis verlaat om die aanvallers te gaan soek. Francis is na die aanval blind en verlam gelaat. Sy het ook erge breinskade opgedoen. Sy is na die aanval na Holland waar sy deur genadedood ʼn einde aan haar lewe gemaak het.

Landdros Shelly Msibi het in haar uitspraak gesê die getuienis wys daarop dat Cruywagen die misdaad gepleeg het. “Die aand na die aanval het jy gaan bely aan jou goeie vriend, Patrick Herbst, en gesê ‘ek dink ek het pas vir Francis doodgemaak’,” het Msibi gesê. “In sy getuienis het die getuie gesê hy het geen rede om te lieg nie aangesien julle vriende is.”

Msibi sê George Mohlala, ʼn veiligheidswag wat by Cruywagen gewerk het, het ook getuig dat Cruywagen ʼn bekentenis aan hom gemaak het en dat Cruywagen hom gevra het om hom dood te skiet na wat hy aan sy vrou gedoen het. “Mohlala sê hy het die aand nooit die perseel verlaat nie. Jy is die enigste persoon wat gesien is hoe jy die huis binnegaan en weer verlaat het. Hy het gesê niemand kon inkom nie aangesien daar twee kwaai honde binne was.”

Msibi sê Mohlala het ook getuig dat hy geen rede het om te lieg nie aangesien hy dankbaar was aan Cruywagen omdat hy hom in diens geneem het. “Aangesien daar geen bewyse is dat enigiemand die huis binnegegaan het nie sowel as bekentenisse van Herbst en Mohlala dui dit daarop dat jy die een is wat jou vrou aangerand het.”
Die saak is tot 9 Mei uitgestel vir ʼn voorvonnisopleggingsverslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Ria, stem saam met jou. Hang in ons land is uit, gee hom vir die familie, en gee vir elkeen n hammer en genoeg tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.