Man steel glo duisende rande se beskermende kleredrag

(Foto: Brian Inganga/AP)

ʼn Man wat ʼn maatskappy wat mediese toerusting voorsien glo uit duisende rande se persoonlike beskermende toerusting geswendel het, is agter tralies in Kaapstad.

Die maatskappy in Milnerton het ʼn klagte van bedrog teen die man aanhangig gemaak nadat hy glo items van sowat R300 000 by die maatskappy bekom het, maar nooit die beloofde deposito daarvoor betaal het nie.

Ruth Solomons, woordvoerder van die Kaapstadse metropolisie, het gesê beamptes het die man se selfoon nagespoor en hom in die St. George-winkelsentrum aangetref.

Hy het hulle daarna na Delft gelei waar sowat ʼn derde van die items wat oorspronklik aan hom verskaf is, gevind is. Beskermende gesigsmaskers was in sommige van die bokse wat reeds oopgemaak is.

Solomons het gesê die 41-jarige man word van bedrog aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Emily ·

Wie in sy right mind gee soveel geld se goedere vir iemand sonder n deposit.

johanf ·

Dat ń mens so laag kan daal in die tyd, nee wat, geen simpatie……
Wel gedaan SAPD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.