’n Man is vanoggend dood toe ’n boom op ʼn landgoed buite Pietermaritzburg op hom geval het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man, vermoedelik 33 jaar oud, was besig om die boom op die landgoed by Baynesfield buite die dorp af te saag, toe dit omgetuimel en op hom te lande gekom het.
Paramedici is na die landgoed ontbied waar hulle die man met ʼn ernstige kopbesering aaangetref het. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar, het Meiring gesê.
Die boom het vermoedelik op sy kop geval.
Meiring het gesê die plaaslike owerhede ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Dis baie sleg siestog! Dit is nie ‘n fratsongeluk nie..
Ek het ook sulke slegte “geluk”. As daar een meteoriet val, moet nie langs my staan nie.
Elize was jy by toe die ongeluk gebeur het. Dink jy dit was beplan.
So jammer vir Sy familie. EK is glad nie n voorstaander van bome afsaag nie. Ons land het dit so nodig. Die bome vat
15 tot 20 Jaar om Groot te word en ons saag voor die Voet AF. Soms net vir vuurmaak.
Dit hang af van was daar opdrag gegee om die boom af te saag of was dit vir eie gewin, dit bly tagies. Wat is die omskrywing en verskil tussen n langoed, erf, plot en plasie?