Man sterf toe bakkie in swembad beland

Die bakkie in die swembad. (Foto: Verskaf)

ʼn Man is dood nadat sy bakkie vanoggend teen ʼn ander voertuig gebots, deur ʼn heining gebars en in ʼn swembad in Johannesburg beland het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en die polisie is omstreeks 06:25 na ʼn huis in Westcliff ontbied waar hulle met hul aankoms die bakkie in die swembad in die erf by Westcliffweg aangetref het.

Die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 30’s, het in daardie stadium in die bakkie in die swembad gelê.

Personeel van die polisie se soek-en-reddingspan het die man uit die bakkie gehaal waarna paramedici hom ondersoek het. Die man het egter ʼn ernstige kopbesering in die voorval opgedoen en geen teken van lewe getoon nie.

Volgens Meiring is die man op die toneel dood verklaar.

Die besonderhede rakende die voorval is nog onduidelik. Die toepaslike owerhede was wel op die toneel om ondersoek in te stel, het Meiring verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marius ·

Wonder wie bly in daai ruikmans buurte met ‘n groen swembad?Sterkte aan familie.

Ida ·

Marius dit was ook dadelik my 1st gedagtes. Swembad is baie vuil vir die betrokke area. Dalk mense wat vuil hou wat daar bly of plakkers wat n huis toegeien het

Zorro ·

Ek wonder hoekom omstanders nie ingespring het en die man uitgehaal het nie.

Antwoord ·

Soos bogenoemde kommetaar se swembad was te vuil om in te spring . Ja dit hardseer. Sterkte familie

RooiSarie ·

sal baie tragies wees as die nadoodse ondersoek sê dit was verdrinking, wie los iemand net so of die water vuil is of nie, wat maak dit saak?

dalk staan die huis leeg? (groen swembad)

RIV sterkte aan die naasbestaandes

MJ ·

Miskien was die man bewusteloos voor die bakkie in die swembad beland het… miskien was die bakkie se deure gesluit en kon die omstanders nie by hom uitkom nie… wie weet.

Donald ·

Dalk was die huis leeg en in die mark geoormerk vir ‘n veiling. Die bank gaan nie HTH ingooi nie, al is dit Westcliff. ‘n swembad kan oornag groen word. Iemand is dood. Dit is tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.