Man swaar gestraf na moord op seun (9)

Argieffoto

Heinrich Rossouw (30) is vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir die wrede moord op die negejarige Gerswin Johnson.

Die hof het ook gelas dat Rossouw minstens 20 jaar tronkstraf moet uitdien voor hy vir parool oorweeg kan word.

Gerswin is op 2 Augustus 2017 vermoor toe hy en sy jonger boetie skool toe geloop het.

Rossouw het in sy pleitooreenkoms met die staat aangevoer dat hy die oggend van die moord tik en Mandrax, wat met dagga gemeng was, gerook het.

Hy het later die oggend in ʼn veld in Kleinmond gesit toe Gerswin en sy jonger boetie daar verby skool toe geloop het. Volgens Rossouw het hy aan die seuns gevra hoekom hulle nie in die skool is nie waarna Gerswin hom glo gevloek het.

Rossouw het Gerswin gewurg en hom met ʼn mes in die nek, gesig en bors gesteek. Hy het hierna ʼn klip gevat en Gerswin se skedel verbysel. Hy is op die toneel dood.

Rossouw is dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy het in die hof aangevoer hy was berouvol en dat hy derhalwe ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Adv. Liezel Scholzel, die staatsaanklaer, het ter strafverswaring aangevoer dat Gerswin net nege jaar oud was en dat sy jonger boetie die gru-moord aanskou het.

Daar is ook gelas dat die direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling Rossouw se naam in die register moet plaas van diegene wat skuldig bevind is aan misdade teen kinders en dat hy dus nie geskik is om met kinders te werk nie. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Abe ·

Ja nee, jy kan nou waaragtig ook nie daarvoor n swaar-genoeg straf uit dink nie!

Oujongvrou ·

En dan wettig ons besonderse slim en wyse regering dagga. Volgende gaan hulle seker tik en mandrax ook wettig maak.

ABC ·

Mandrax en tik?? Dit moet as verswarende bewys beskou word. Die goed is mos ook onwettig, of hoe? Sit sommer nog ‘n paar jaar ekstra by die vonnis.

Riens ·

Weet eerlik nie hoe kan n persoon met n brein sulke gemors rook of sluk nie. Altyd hoog te wees. Regtig waar seker gedink iemand gaan hom jammer kry. Tronke is nie dwelmloos nie so gaan word hiiiiii ini tronk en onthou daardie wrede moord

Koeks ·

So dis Tik, Mandrax en Dagga se skuld. En wie het die bewuste keuse gemaak om dit te gebruik? As jy ‘n onskuldige kind voor ‘n ander onskuldige kind kan vermoor, verdien jy ook die dood – nie 20 jaar tronkstraf nie. Wat gaan jy doen ná daardie 20 jaar? Hoeveel meer kinders vermoor?

Wielspore ·

Dwelm misbruik vrywaar jou nie om straf uit te dien vir moord. Na my mening is die moordenaar geen aanwins vir die gemeenskap, doodstraf sou ‘n toepaslike straf gewees het.

Elvira ·

30 jaar tronkstraf TE MIN ! Hy moet gaan klippe kap en harde arbeid doen. Misdadigers word nie genoeg gestraf in hierdie land nie. Niemand is bang om tronk toe te gaan nie.

Net n ma ·

Die gemors sit 30 jaar…ouers en boetie kry lewenslank! Daar is nie ‘n staf swaar genoeg nie!! Hoop daardie seuntjie se gesiggie hou jou wakker en is al wat jy sien vir die res van jou lewe! Enigste berou wat daar is, is dat jy nog asem haal!

Jacky ·

Mandrax en tik, en ‘n onskuldige kind wat bleikbaar gevloek het….! Die enigste rede om te moor!! Hoe walglik hartseer is dit. En nou is al wat oorbly tronkstraf, hoe gaan slaap so ‘n persoon in die aand, met die wete, jy het ‘n ma se kind weggevat, so wreed vermoor? Al wat oorbly is die doodstraf, hoe gouer hoe beter. Dit is net te maklik om ‘n verskoning te gee vir elke misdaad wat daar gepleeg word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.