ʼn 34-jarige man is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy twee jaar gelede sy swaer vermoor het.
Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê Mbukiswa Mkhize het skuld beken aan die moord op sy swaer, Zamokuhle Ndlovu (54), op 6 Oktober 2019 in die Thembalihle-gebied in Vrede, KwaZulu-Natal.
“Mkhize het na Ndlovu se huis in Thembalihle gegaan en met sy vuurwapen op hom begin losbrand. Ndlovu is in sy maag en nek geskiet,” sê Mbele. “Ndlovu is op die toneel dood verklaar.”
Die polisie in Mountain Rise, Pietermaritzburg, het ʼn saak van moord aanhangig gemaak en ná ʼn lang ondersoek is ʼn deurbraak gemaak toe Mkhize in 2019 opgespoor en in hegtenis geneem is.
“Die ondersoek het aan die lig gebring dat Ndlovu vermoor is weens huishoudelike geweld tussen hom en sy vrou, wat ook Mkhize se suster is.”
Mkhize het verskeie kere in die hof verskyn voordat hy skuld beken het en gevonnis is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
18 jr vir Moord….net in SA
Vrede is in die Vrystaat. Tussen Warden en Standerton.