Man vas ná aanval op boer

ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy en twee ander verdagtes die Muhl-egpaar verlede Vrydag glo op hul plaas in Harburg in KwaZulu-Natal aangeval het.

Luitenant Joey Jeevan, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 22-jarige verdagte is in die Mvoti-omgewing in Dalton in hegtenis geneem. “Die man en twee ander verdagtes word daarvan verdink dat hulle die egpaar se plaas, Boiling Fountain, Vrydagaand onwettig betree het. Die vrou (44) was omstreeks 21:00 alleen by die huis en is met ʼn vuurwapen aangehou. Haar 50-jarige man het later by die huis aangekom en is in die bors geskiet. Die verdagtes het van die toneel gevlug met ʼn onbekende hoeveelheid kontant.

Die man word in ʼn plaaslike hospitaal behandel.

Die verdagte moet Dinsdag in die New Hanover-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van poging tot moord. Die ander twee verdagtes is nog nie opgespoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.