Man vas ná moord op vermiste vierjarige

Klein Bokgabo Poo se liggaam is ‘n gevind ‘n dag nadat sy as vermis aangemeld is. (Foto: Verskaf)

ʼn 30-jarige man sal na verwagting Maandag in die Benoni-landdroshof verskyn in verband met die moord op die vierjarige Bokgabo Poo wat verlede Maandag as vermis aangemeld is.

ʼn Dag ná die dogtertjie se verdwyning het inwoners van die gebied die geskende liggaam van ʼn kind in Tamboville ontdek. ʼn Vrou wat besig was om haar erf te vee, het liggaamsdele in die grond gesien uitsteek en die owerhede ontbied. Nog ʼn liggaamsdeel is daarna gevind en die res van die geskende oorskot in ʼn vlak graf in ʼn oop veld sowat 800 meter daarvandaan.

“ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak en ʼn span bestaande uit ervare polisiebeamptes van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, asook forensiese kenners, die okkulte-eenhede en plaaslike speurders is saamgestel om die saak te prioritiseer en te ondersoek,” sê lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Die verdagte, wat vroeër saam met Bokgabo gesien is, is Vrydag in Boksburg-Noord aangekeer.

Hy staan tereg op aanklag van moord en ontvoering.

Klein Bokgabo se familie het die naweek haar liggaam uitgeken.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het die span geloof vir hul toewyding om te verseker dat ʼn verdagte aangekeer word.

Hy het ook sy medelye met die kleuter se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

domheks ·

Is dit nou die nuwe norm – om kinders te vermoor/verkrag? Net in SA waar die regstelsel ‘n GROOT GRAP is.

Twallie ·

Agge nee man. Watse monster kan so iets doen aan ‘n kindjie?

Pierre ·

en hy sal op R500 borg uit gelaat word, borg in SA is n grap.

Skappie ·

Ai, hierdie kindermoorde raak nie minder nie, net meer. Sterkte aan die gesin van hierdie pragtige kind. Mag onse Liewe Here julle deur hierdie moeilike tyd dra en julle styf in Sy arms vashou.

SwartBees ·

Nog n geval waar die systeem die mense faal. As daar wet en orde in die land was sou ons nie sulke nuus lees nie.
RIV kindjie. Alle sterkte aan die familie.

Vonny ·

Mnr Ramaphosa…. Look and Learn.
Bring die DOODSTRAF TERUG!!!

Lillian ·

Solank as wat hier nog volkere in hierdie land is wat glo dat ‘n vrou en kinders het geen regte nie, sal hierdie tipe gedrag voorduur. Maak nie saak hoeveel geld die regering spanedeer om sulke misdade te bekamp nie. en dit is duidelik uit die dekades van aktivisme daarteen wat net eintlik ‘n mors van geld is, die swak toepassing van die regstelsel is ook ‘n verdere bydraende faktor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.