Man vas wat ‘diamant’ probeer verkoop

Ongeslypte diamante (argieffoto) Foto: SAPD

Die Valke het ʼn 25-jarige man in hegtenis geneem nadat ʼn fopdiamant in sy besit gevind is.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die man is Dinsdag in Christiana, Noordwes, in hegtenis geneem.

Sy inhegtenisneming volg nadat hy die fopdiamant vir R46 000 aan ʼn potensiële koper probeer smous het.

Die man sal na verwagting Woensdag in die landdroshof op Christiana verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Dom dommer domste eish! Wonder wat gaan die klag wees mmmmm

Hennie J ·

Ek wil en sal nooit wetteloosheid goedpraat nie, maar vir die valke om by so n beuselagtige saak betrokke te wees is regtig n ‘overkill’. Spandeer liefs julle tyd om ons te beskerm teen regte boosdoeners.

Pieter J ·

Enige koper van diamante wat val vir hierdie slenter moet masr die gevolge dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.