Man vas wat tiener glo buite kitskosplek aanrand  

‘n Skermskoot uit die video

ʼn 50-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn tienerseun aangerand en ʼn vuurwapen op hom gerig het ná ʼn voorval by ʼn kitskosrestaurant in Groblersdal, Limpopo.

Die voorval het Woensdagaand omstreeks 18:30 by die restaurant in ʼn winkelsentrum plaasgevind en is op video vasgelê.

In die video kan gesien word hoe ʼn man met ʼn vuurwapen in sy hand ʼn tienerseun aan sy klere gryp in die parkeerterrein van die winkelsentrum. Die seun val op die grond waarna die man hom herhaaldelik skop en dan weg loop.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is die man Donderdag omstreeks 10:00 in hegtenis geneem. Hy sal vandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Die 16-jarige seun en sy neef was dieselfde tyd as die verdagte in die kitskosplek toe ʼn onderonsie ontstaan het. Mojapelo het gesê die seun en sy neef wou glo dieselfde geurmiddel as die man gebruik. Die tienerseun is ná die voorval in ʼn hospitaal opgeneem en is intussen ontslaan.

Julia Lata Mathebe, burgemeester van die Sekhukhune-distriksmunisipaliteit, doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om kalm te wees te midde van “hoë spanning” oor die voorval.

“Ons prys die Groblersdal-polisie vir hul vinnige reaksie in hierdie aangeleentheid. Ons doen ook ʼn beroep op lede van die gemeenskap om selfbeheersing en dissipline te beoefen in hul protes. Laat ons die polisie ruimte gee om hul mandaat behoorlik uit te voer om seker te maak dat geregtigheid vir die seun en sy gesin seëvier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Jean ·

Mense soos die man sal maak dat mense nog meer sukkel om geweer lisensies te kry.

MakersMark ·

Goed so. Laat hy maar opdraf in die hof. Intussen geniet die tydjie in die oranje pakkie.

Arno ·

Vir my skrikwekkend hoeffeel mense jou komment ge-dislike het. Sien niks vout om ‘n aanvaller te kritiseer nie, of dink die mense wat ge-dislike het, dat dit goed is om ‘n tienner (ongeag sy vel kleur) aan te rand.

MakersMark ·

Nee daar is baie hier wat heimlik dink dis goed. In die samelewing is hul heel ordentlik maar agter hul selfoon keyboards eersteklas rassiste.

piet ·

Dis die punt MM, hou ‘n front voor in die openbaar maar as die kans hom voordoen dan kom die ware kleure navore (closet racist). Enigste rede hoekom hulle die ou beskerm is omdat hy wit is. Ek is so GV vir die rassiste, wens hulle wil net bykom.

Alma ·

Sjoe, mens doen nie dit nie, al word jy ook uitgelok. Stap weg… Baie mense dink nog hulle kan doen wat hulle wil en wegkom daarmee, maar 99% van die tyd is daar n kamera naby. Nou het hy net probleme.

Anonymouse ·

Die kanaalwater. Ons het altyd gespot en gesê on is kanaalwater kindertjies

Frank John ·

Ai, ons bly in ‘n derde wêreld. Ons is sooooo ver agter.

Corne123 ·

Ai tog hier kom sy stooi.Dit hoekom ons geleer is enigste tyd wat jy jou wapen trek is om te skied.Mens gebruik nie n wapen om te intemedeer nie nee wat hy kan maar regmaak vir die tronk hy gaan sit

Perdeby ·

Hierdie is heeltemal onnodig om so drasties op te tree, maar ek neem aan die kind is ‘n swart kind, of is ek verkeerd, want dit is hoekom dit die nuus gehaal het, en die gemeentskap omgekrap is. Dit haal gewoontlik nie die koerant sou dit wit kinders gewees het nie. Ek het ongelukkig nie die video gesien nie.

De Villiers ·

As jy jouself nie soos ‘n grootmens kan gedra as kinders jou uitlok nie, dan moet jy maar die gevolge daarvan dra.

Kry beheer oor jou emosies!

melaney ·

Die regering het duidelik alle burgers gefaal. Die meerderheid burgers is woedend om verskillende redes. Die eindresultaat is wat ons in die video sien.

Linx ·

Doen julself n guns en gaan kyk die video op twitter….dalk sal die kommentare ietwat verskil.

piet ·

Ja nee wat, geen verskoning vir die bullebak se optrede nie. Die seun toon geen aggressie nie.

MakersMark ·

Het dit gekyk. Seun is helfte van sy grootte en geen wapen by hom nie. Groot tier het vuurwapen in die hand. Lyk of die kind op die grond val. Dan skop grootmeneer hom….skokkend. Al het die kind hom uitgetart dis ‘n kind – hy is 50 jr oud en swaai ‘n vuurwapen rond. Lyk na die tipe wat nie sy eie portuur en ouderdom kan rondstamp nie. Hoop die hof handel mooi met hom en hy kry straf in lyn met sy gedrag.

JM ·

Net te wondetlik dat daar altyd iemand met ‘n kamera byderhand is!

Riaan ·

Ek sal wag om eers die man se kant van die saak te hoor. Jy stap nie uit ‘n plek uit en deel klappe uit links en regs sonder rede nie.

Koen ·

Mens deel nie klappe en skoppe uit en wil skiet nie. PUNT! Kapish.

Debbie ·

Ek stem saam Pieter. Mens hanteer nie konflik so nie maar ek weet sommer daai seun en sy neef was arrogant teenoor hom want hul weet niks kan aan hulle gedoen word nie. Dis hulle reg.

Daleen ·

As hy hom uitgetart het hoekom hom dan nie net ‘n oorveeg gee en wegstap nie? hoekom’ n wapen uitpluk en hom skop terwyl hy le? Ek weet daar is twee kante aan elke storie maar sy optrede is onaanvaarbaar.

Nationalist ·

Uiters swak! Ons almal weet wat is die houding van groep a teenoor groep b, stap weg! Dit is nie die moeite werd nie!

Lubbe ·

Ek lees so deur die kommentaar lees is dit belaglik om te sien hoe baie mense steeds dink daar ‘n rede vir sy optrede is, en dat dit ok is. Ons mense gaan moet leer hoe om met ander saam te leef al is daar verskille, daar is geen ander uitweg nie.

Dries ·

Die man is uitgelok, voordat die video geneem is. Geen normale mens sal so optree nie, hoop die waarheid kom uit. Ek word gedurig deur dwelmverslaafdes getreiter by sulke plekke.

MakersMark ·

Dis geen rede om vuurwapen in die hand ‘n kind op die grond te skop nie. Waar het die kind sy lewe bedreig ? Swak kwaliteit individu.

versigtig101 ·

@pieter – baie mooi, kom ons victim blame. Jy het geen idee wat hier gebeur het nie, so die dat jy opkom vir die aggressor se baie oor jou.

Blikke ·

Het die video gekyk….die meneer het moeilikheid!!!Weet nie hoe hy sy optrede gaan regverdig nie!!!

Leon ·

Geen opgevoede persoon tree so op tee n kind. Irrelevant of daar uitlokking was aldan nie. Moet ook nie dat ras enige rol speel nie. Hy sal seker net so teen sy eie kinders optree. Mag borgtog geweier word en hy boet vir dy dade

Swerwer ·

Miskien voor almal verder hul monde uitspoel moet die saak ondersoek word, waarom die 50 jarige man so opgetree het. Daar is mos deesdae in alle kitskos restaurante/kafee/winkelsentrums kameras. Ek keur die man se optrede glad nie goed nie maar hou op om alles as rassevoorvalle te bestempel.

Koen ·

Gaan kyk na die video. Daar is geen regbverdiging vir die gemors se optrede nie – GEEN!

Marius ·

Ek het ‘n vermoede daar is heelwat meer agter die storie as wat voorgehou word….

Alta Alleman ·

Wat skokkend is is dat dit die norm gaan wees dat uitlokking nou n gewoonte speletjie gaan wees waar ek en jy niks daaraan kan doen nie. Ons geduld gaan beproef word en dis hartseer as mens nie geduld het nie. Dan gebeur sulke dinge.

Swerwer ·

Enige mens het geduld tot op ‘n punt. Tien teen 1 ken die arme man die 2 en was dit nie die eerste keer wat hy beproef is nie. Ek keur nie sy optrede goed nie, maar elke storie het 2 kante en die regte kant.

Harley Davidson ·

Ek hoop jy doen ook ‘n berig hoe die huidige bevoordeeldes by die sentrum opgedaag het en al die huidige benaadeeldes gedreig en winkels gedreig het om toe te maak en waar is daai Groblersdal polisie nou.

piet ·

Het verskyn. Sy naam is Corrie Pretorius. EFF betogers het buite die hof Kill the boer, kill the farmer gesing. Ouens soos Pretorius maak ook nie dinge makliker nie.

Josua ·

Wat baie mense baie gou vergeet is dat tiener seuns ook nie meer soos tiener seuns 30jaar gelede beskou kan word nie en ja die persoon het dalk verkeerd opgetree maar kan jy hom kwalik neem of op daardie stadium in sy skoene plaas want jy weet nie wat is of was die seun se motief nie. Gaan kyk gerus na statistieke dan sal julle sien hoeveel ernstige misdade word gepleeg deur seuns onder die ouderdom van 19 jaar dan verstaan julle dalk ook dat in vandag se lewe veral in Suid Afrika jy ekstra versigtig moet wees en hier praat ek nie van huisbraak ens nie maar verkragting, moord en ernstige gewapende roof dit ook net ‘n duidelike bewys van hoe die regering ons almal en die land gevaal en tengronde bestuur het.

LANA is ELANè ·

Mag sy kierangs braai, dit is mense soos die man wat haat in ons land aandryf! Soveel onverdraagsaamheid.

piet ·

Nou gaan hulle EERS kill the boer, kill the farmer sing. Dankie Mnr Pretorius.☹

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.