Man verdink van Forex-bedrog van R748 000

Argieffoto (Foto: Macedo_Media/Pixabay)

‘n 60-jarige man het Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van bedrog wat met ʼn Forex Trading-slenter verband hou.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Du Toit is Woensdag by ʼn gastehuis in Upington in hegtenis geneem deur lede van die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek. Hulle het inligting opgevolg oor ʼn verdagte wat by die gastehuis ingeboek was.

“Die beskuldigde is gesoek deur die Valke se eenheid in Klerksdorp, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek. Dit hou verband met ʼn voorval in Klerksdorp waar hy ʼn niksvermoedende slagoffer glo uit R748 000 bedrieg het. Die beskuldigde het die slagoffer glo oortuig om by Forex Trading aan te sluit en hy sou hom help om die geld te belê.”

Die slagoffer is daarna glo aangesê om verskeie betalings in die beskuldigde se bankrekening in te betaal. “Die geld sou na verwagting in Forex Trading belê word, en later in ʼn residensiële ontwikkeling. Ná die betalings gemaak is, kon die slagoffer egter nie die beskuldigde in die hande kry nie en die saak is by die polisie aangemeld.”

Die saak is tot 23 September 2022 uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Die niksvermoedende slagoffer was en is geldgierig, daar bestaan nie so iets soos vinnig ryk word nie, almal sou dit dan doen. Die mense wil nie hoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.