Man vermoor tydens mislukte kaping

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie het Donderdag gemeenskapslede versoek om met enige inligting na vore te kom om onbekende verdagtes vas te trek wat ʼn man vermoor het. Die man is tydens ʼn mislukte kaping op 5 November in Philippi, Kaapstad, vermoor.

Volgens ʼn polisieverklaring het ʼn man sy werknemers omstreeks 16:10 op die hoek van Monwood-rylaan en Sheffieldstraat in die Browns Farm-gebied van Philippi afgelaai. Die verdagtes wou die man se trok kaap, maar hy het probeer wegjaag. Die verdagtes het toe op hom losgebrand.  Volgens die polisie is die bestuurder van die trok gewond toe een van die koeëls hom getref het. Hy is per ambulans na ʼn hospitaal geneem, waar hy later aan sy wonde beswyk het.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan speursersant Mlonyeni skakel by 021 380 6004 of 021 380 3304 skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Feite ·

As jy nie vlug nie dan skiet hulle jou tromp op en as jy vlug dan skiet hulle jou ook, inteendeel as hulle jou sien dan skiet hulle jou. Dit klink vir my asof hulle oorlog verklaar het, want dit is net in oorlog wat jy die vyand skiet wanneer jy hom sien. Terwyl opposisiepartye happy is dat dit so aangaan in SA, dan moet opposisiepartye se ondersteuners seker maar saam met hulle happy wees. Opposisiepartye kan nie korrupsie stop nie, hulle kan nie misdaad stop nie, hulle gaan beslis dan ook nie die revolusie stop nie!

Bekommerd ·

Ja die opposie doen absoluut niks vir ons nie….daar is werklik nie een nie. Wag ook maar net vir die einde vd maand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.