Man verwoes eiendom ná liefdesteleurstelling

Die uitgebrande minibustaxi voor die huis. Foto: Herman Lategan

Die uitgebrande minibustaxi voor die huis. Foto: Herman Lategan

ʼn Inwoner van ʼn plattelandse dorpie in die Vrystaat is al sy besittings kwyt nadat hy dit Maandag na bewering oor ʼn liefdesteleurstelling aan die brand gesteek en opgekap het.

Herman Lategan, ʼn vryskutjoernalis, het op sy Facebook-profiel foto’s gedeel van die uitgebrande motors buite die man se huis in Springfontein in die suide van die Vrystaat.

Volgens Lategan het plaaslike inwoners vertel dat die man sy vrou vir ’n jonger vrou gelos het. Hy het glo voorheen by Telkom gewerk en ’n aantreklike pakket ontvang nadat hy afgetree het. Die inwoners het gesê die man het die nuwe vrou in sy lewe oorlaai met geskenke, waaronder ’n splinternuwe motor en huis.

Hy het ook ’n Mercedes-Benz en ’n minibustaxi aangekoop. Die taxi sou gebruik word om mense in die provinsie te vervoer om ekstra geld te maak.

“Net toe die huis wat hy [vir sy nuwe vriendin] gebou het klaar was, het sy die verhouding beëindig. Sommer net so,” het Lategan gesê.

Die man kon hierdie liefdesteleurstelling glo glad nie verwerk nie. Hy is Maandag na die vriendin se huis in die hoop om haar hart weer terug te wen. Sy het hom egter weggejaag. In ʼn skynbare emosionele ineenstorting het die man petrol oor sy Mercedes-Benz en taxi uitgegooi en dit aan die brand gesteek.

Hy het daarna by die huis in gehardloop en al die meubels – wat hy pas ten duurste aangekoop het – in stukke opgekap. Al wat nou oorbly, is ʼn leë huis waarin niemand meer woon nie en twee uitgebrande voertuie, het Lategan gesê.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die man is intussen in die Vrystaat Psigiatriese Hospitaal opgeneem. Geen saak is egter by die polisie aangegee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michiel ·

Nou-ja dis nou pure origheid. Nou wil sy eks-vrou hom seker OOK nie terughe nie – hy het haar mos ingeruil vir ‘n jonger model! Hoe kinderagtig – praat van jou speelgoed uit die wiegie gooi!

Jakoos ·

“Cut your nose and spite your own face” – hierdie is ‘n absolute voorbeeld daarvan!

Dee ·

Pasop Dries, ‘n grappie is net snaaks totdat dit oordryf word. Moet nie dieselfde grappie holrug ry dan bly dit snaaks. Wat jy hier sê het nie eens enige verband.

Landie ·

O my tyd, Laat dit nou vir hom ‘n les wees ne!! Moenie jou geld op jong vrouens mors nie!!!

BoereBikerBaby ·

dink na hy al sy geld gemors het op die jonger vrou, het die liefde by die agter deur uitgestap toe daar sekerlik niks meer geld oor was vir geskenkies ens nie.

Ek sien die gordyne hang ook maar commin daar op die foto… se maar net..

MM ·

Kyk hoe mooi help hy hom self op sy voete en terug in ‘n sinkhuisie ! Ha ha ha

Hannelie ·

Hy is enige psigiater se droom !!! So idioties…nou het hy niks.

Gideon ·

Ek weet nou nie, maar op die foto lyk die huis maar ouerig, iets wat soos uit vyftiger jare kom!!

Chivago ·

Wel, dis ‘n eerste! Gewoonlik brand en verwoes hulle ander mense / instansies se eiendom. Idioot!

Jax ·

As hy gedink het hy ken hel op aarde na ‘liefdesteleurstelling’, gaan hy ‘n akrobaat word en sy eie jis skop wanneer hy by sy sinne kom en besef watter gemors hy vir homself geskep het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.