Man, vrou dood gevind in Bloem-woning

Die Vrystaatse polisie krap nog kop oor ʼn moontlike motief nadat die liggame van ʼn man en vrou dood in hul woning in Bloemfontein aangetref is.

Volgens ʼn polisieverklaring is lede van die Parkweg-polisiekantoor Dinsdagaand, ʼn paar uur voor Valentynsdag, na die Universitas-woongebied ontbied.

By hul aankoms, omstreeks 21:38, het die lede deur die venster van die woning gekyk en die liggaam van ʼn 63-jarige man gesien. Die man het op die bed gelê en het glo ʼn wond naby sy regteroor en ʼn vuurwapen in sy regterhand gehad.

Die polisie het die huis deursoek en hierna op die liggaam van ʼn 61-jarige vrou in die kombuis afgekom.

Luidens die verklaring het sy ʼn koeëlwond in haar kop en twee in haar lyf gehad.

Volgens sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, word ʼn klag van moord ondersoek en is ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

Die name van die slagoffers is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lettie ·

Moedeloos geword en op Valentynsdag einde aan lewens gemaak. Depressie.

Casper ·

Geen moordenaar sal die moordwapen in die oorledene se hand los nie.Dit was self toegediende sķietwonde,m a w een saak van moord en die ander selfmoord.

Papsak ·

Ja dit is tragies ne hartseer bejaarde eg paar seker moeg geraak vir alles en toe maar n einde gemaak aan alles hulle op beter plek as ons sterkte aan familie en vriende

Sandra ·

Dit is so hartseer dat mense die besluit neem om nie meer te wil lewe nie, Dit raak al hoe erger, mense is skaam om hulp te vra. My gebede is met hul naasbestaandes

Perdeby ·

Ja nee dit is baie moeilik. Die vuurwapen is in sy hand , wat is daar om Kom te krap. Was in die SAPD baaaaaie sulke gevalle gesien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.