Man wat glo renosters stroop, nou soek

Junior George Mabele Chauke (Foto verskaf deur die Valke)

ʼn Vermeende renosterstroper van Mpumalanga word deur die Valke in Secunda gesoek nadat hy op borgtog vrygelaat is en toe spoorloos verdwyn het.

Junior George Mabele Chauke (42) is boonop glo in die besit van renosterhorings.

Chauke en sy medebeskuldigde, Prins Ntsako Letswele (33), is op 8 Desember 2022 vasgetrek nadat die polisie inligting ontvang het dat die twee in besit van renosterhorings is.

Polisielede van Ermelo het met ʼn soektog begin en die voertuig waarin die beskuldigdes onderweg was afgetrek.

Die voertuig is deursoek en ses renosterhorings, met ʼn geraamde waarde van R876 000, is in die motor gevind en op beslag gelê.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en het op verskeie aanklagte in die hof verskyn en is later op borgtog vrygelaat.

Letswele is weer in hegtenis geneem nadat hy in Piet Retief wéér met die gereg gebots het terwyl hy op borgtog was. Hy bly in aanhouding.

Chauke het by verskeie geleenthede in die hof verskyn, maar later versuim om vir sy hofsaak op te daag. ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is op 1 Maart 2024 uitgereik.

Die provinsiale hoof van die Valke, genl.maj. Nicolas Gerber, het Chauke versoek om na vore te kom en homself aan die owerhede oor te gee.

Gerber vra ook lede van die publiek om met enige inligting vorendag te kom oor waar Chauke hom bevind.

“Alle inligting wat aan die polisie deurgegee word, sal vertroulik hanteer word.”

Lede van die gemeenskap wat inligting in dié verband het, kan die ondersoekbeampte, ao RR Mokoena by 082 303 9965 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carel ·

Kry ‘n lasbrief om die SAPS Stasiebelvoerder se bank transaksies na te gaan

SjN ·

Daar is groot fout met die regstelsel of liewers die mense wat dit moet toepas weens verskeie redes bekend en wat hul nie of wil besef nie, hy het verskeie kere in die hof verskyn, daar word tyd gemors, hoekom is hy uit op borg en word telekens uitgestel?

JohanR ·

Run Forest run….Zimbabwe, Mozambique, Botswana, Malawi….run Forest run! Send a thankyou to the judge for your bail!

Sê maar net ·

Ons regstelsel het verander in een groot grap…..net jammer dit is nie snaaks nie! :-(

Philip ·

Ag nee hy is seker maar net iewers effens opgehou en sal binnekort sy verskyning maak.
Watter idioot gee aan die skepsel borgtog, wat het hy of sy verwag? Die regstelsel is soos alles in SA een groot gemors, sluit die fool wat vir hom borg gegee het toe.

Casper ·

Kommentaar hierbo van mense wat oningelig is oor die strafregstelsel.Dit is nie ‘n skedule vyf of ses misdryf nie.As sy woonadres deur die ondersoekspan bevestig is is hy op borg geregtig ingevolge die strafproseswet,wet 51 van 1977.Niemand kan pa staan as hy nie by die hof opdaag nie.

Casper ·

Om die stasiebevelvoerder se banktransaksies na te gaan moet daar prima facie bewyse wees dat hy of sy op enige manier betrokke was.Die stasiebevelvoerder het niks met die borgaansoek te doen nie.

Gaitsigubib ·

Net as jy renosters stroop praat jy van n “strooper” as hy ander wild op n plaas kom doodmaak praat mens van n “jagter”, of in uiterste gevalle van n “onwettige jagter” , m.a.w. hy moet eintlik net sy papierwerk in order kry, dan is alles honkey dory.

Andre ·

…stuur daai landdros wat die borg toegestaan het, om hom te gaan soek!

Anel ·

En so word polisie se tyd en geld gemors!! Dis nie hulle skuld dat die misdadigers borg kry nie. Hulle doen hulle werk en dan gebeur so iets. Dit sal enige mens moedeloos maak. Dis die regstelsel wat meer aan die kant van sekere misdadigers is as iets anders!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.