Manyi: Van ANC, na ATM tot EFF

Mzwanele Manyi het die ATM nou vir die EFF verruil. (Foto: Twitter)

Die voormalige regeringswoordvoerder Mzwanele Manyi het die ATM nou vir die EFF ingeruil.

“Ná versigtige oorweging het ek tot die slotsom gekom dat ek Suid-Afrika beter binne ʼn organisasie soos die EFF kan dien,” lui Manyi se bedankingsbrief. “Ek verlaat die ATM vreedsaam en sonder om met enigiemand te baklei. Ek hoop om die brug tussen die ATM en die EFF te wees vir samewerking tussen die partye.

“Suid-Afrika ontaard vinnig in ʼn mislukte staat. Dit het gevolglik skokbehandeling nodig van ʼn organisasie wat ʼn revolusionêre uitgangspunt het.”

Volgens Manyi is die rooi barette goed geplaas om “vinniger as enige ander party” die leisels by die ANC oor te neem en hy bestempel die EFF as die “werklike alternatief waarvoor almal vra”.

Hy het die party se lof kwistig besing en sê die EFF is ʼn party wat luister en dat die land nie nog ʼn 100 jaar het om aan ʼn regering vas te klou wat neo-kolonialisme aanhang nie.

“Waarmee ek ook al van die EFF verskil, word oorweldigend oorskadu deur dít waaroor ek met hulle saamstem,” sê Manyi.

“Ek sluit by die EFF aan op voetsoolvlak en sal my bydrae in daardie hoedanigheid lewer.”

Manyi het die afgelope vier jaar verskeie kere van politieke tuiste verwissel. Hy was aanvanklik ʼn ANC-lid, maar het dié party in 2019 vaarwel toegeroep en die regerende party daarvan beskuldig dat hy ʼn moeë en gekaapte instelling is.

Hy het daarna by die ATM aangesluit en dié nou weer vir die EFF vaarwel toegeroep.

Manyi is ook die amptelike woordvoerder van oudpres. Jacob Zuma én die Jacob G Zuma-stigting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Daisy ·

“Die werklike alternatief waarvoor almal vra”
?????
Is hy wys in sy kop?
Wie is die almal na wie hy verwys?

Sê maar net ·

Flip. Seker sy mode- neiging van Peter Pan gekry….wil nie afsteek by Hoed nie….

George ·

“neo-colonialism” hahahahahahahahahahhahahahahahaha moord en verkragting is okay, maar dit wat SA gebou het, is nr 1 op jou lys.

Lynne ·

This country is a joke. Maybe there is more cash at EFF? This is really disturbing..

Rose ·

Toemaar as jy nie daar regkom nie is die DA en VF ook beskikbaar.

Papsak ·

Ag waar gaan jou veer heen ook eff toe jy hardloop weg want jy is pateties onder nie een van julle sal dinge reg kom nie maar definitief nie eff

Johann ·

Net GEEN begrip vir en van lojaliteit nie. Spring van die een seepkas na die ander.

Piet 6 ·

Hy is so hand om die blaas met Zuma. Zuma en Kareltjie is ook lekker hand om die blaas met mekaar. Ek wonder hoekom het hy nie vir Kareltjie gejoin het in ARETA nie. Dan kon hy en Kareltjie lekker die ATM beroof het (van kiesers!).

SwartBees ·

Dit gaan beteken skelm Louis Liebenberg gaan sy ponzy skema geld met hom ook deel.

skurweberg ·

Plaas dat jy ‘n bietjie meer “church hopping” doen, dan doen jy iets produktief wat baie meer waarde vir jou sal hê

GWS ·

As ‘n man sy mantel so gou na die wind draai, is hy nie te vertrou nie!

Cherokee ·

Sou jy hom vertrou het as hy getrou by die ANC gebly het?

SwartBees ·

Trust me, as elke persoon net “pay it forward” op n eerlike manier dan sal SA reeds n beter plek wees.

Al doel van die verskillende partye is net vir hulle eie gewin en basta met die mense wie jou in stem.

Jacobus ·

Hy moet dadelik met Malema en Kie begin onderhandel om die VBS BANK se miljoene terug te betaal en hulle oor te gee aan die polisie. Daar kan sekerlik n paar van hulle eie mense se pensioenaris geld daaruit terug betaal word. NS. Daar word ek wakker uit n nare droom. LMGA.

Elizabeth ·

Wie se beursie hou die meeste geld? En hoeveel beloftes is gemaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.