Markus Jooste oorlede

Markus Jooste. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, is oorlede.

Newzroom Afrika en News24 berig verskeie bronne het bevestig Jooste is Donderdagmiddag oorlede. Volgens Newzroom Afrika se berig het Jooste homself geskiet. Geen verdere inligting is in die stadium bekend nie.

Dit kom in dieselfde week wat die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) Jooste ʼn boete van R475 miljoen opgelê het.

Jooste het tot 19 April gehad om die boete te betaal. ʼn Strafsaak oor die kwessie is ook reeds aanhangig gemaak.

Die boete van R20 miljoen vir binnehandel, wat Jooste tevore deur die FSCA opgelê is, moes ook nog betaal word. Jooste het dié boete in die hooggeregshof betwis.

Ná ʼn lang ondersoek het die FSCA Woensdag gesê hy het bevind dat Jooste en Steinhoff se voormalige Europese finansiële hoof, Dirk Schreiber, verantwoordelik was vir die publisering van bedrieglike verklarings oor Steinhoff International se finansiële posisie tussen 2014 tot 2017.

Dit het beteken dat beleggers hul besluite op valse inligting gegrond het. Dit het tot verliese van miljarde rande gelei, ook deur pensioenfondse. Byna R200 miljard se pensioenfondsgeld en ander beleggings is uitgewis namate beleggers besef het die maatskappy se finansiële state is gemanipuleer.

ʼn Duitse hof het Schreiber tot drie en ʼn half jaar tronkstraf gevonnis. ʼn Streekshof in Oldenburg het ʼn lasbrief van inhegtenisneming teen Jooste uitgereik nadat hy nie vir die bedrogverhoor opgedaag het nie.

Die Reserwebank het ook Jooste se bates bevries.

Jooste het aan die einde van 2017 by Steinhoff bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie ·

So jammer om te hoor. Mag god vir Ingrid en die kinders vertroos in hierdie moeilike tyd met die afsterwe van Markus.

Casper ·

Dit is tragies maar ek dink Marcus het nie die finansies gehad om die geld terug te betaal nie en gevangenisstraf op so manier vry te spring.

Elmarie ·

Ek stem, baie sterkte aan die familie. Hulle is deur baie, laat ons asb daaraan dink voor ons kommentaar lewer

Christine ·

Tragies dat hulle gedink het hulle gaan daarmee wegkom. Iewers kom dit uit. Beste is loop die smal en reguit paadjie.

Ronel ·

Dit is so tragies – Woord van die Here praat van die afgod Mamon-soveel mense is in sy kloue!!! Alles vir die liefde van geld en jy los dit hier as jy die dag doodgaan!!!

KB ·

En so “zijn de helden (?) gevallen”. (Daar loop egter nog ʼn klompie van die Steinhofs op vrye voet rond).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.