
Marno is Woensdag uit die hospitaal ontslaan [Foto: Marno Muller klein wonderwerk van God, Facebook]
Marno het vinnige vordering gemaak nadat hy Maandag uit die intensiewesorgeenheid na ’n algemene saal oorgeplaas is. Hy was drie weke lank in ’n geïnduseerde koma en is verlede Sondag uit sy koma gebring.
Marno is op 26 Mei in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy op ʼn glyplank by sy kleuterskool in Brakpan aan die toutjies van sy baadjie gewurg het.

Marno Muller het Woensdag met ballonne in die hand uit die hospitaal gestap [Foto: Marno Muller klein wonderwerk van God, Facebook]
“Klein mensie, maar ’n groot wonderwerk van God. ’n Geneesde getuie van God. Waar Marno twee keer amper weg was, het God besluit: Nee, Hy het nog ʼn groot pad vir Marno,” skryf Helga.
Volgens Nadia Minnie, Marno se tannie, sou Marno vandeesweek nog ’n MRI-skandering ondergaan het, maar die dokters het dit nie meer nodig gevind nie.

Marno se ma, Helga Muller, sê sy het lank gewag vir hierdie dag [Foto: Marno Muller klein wonderwerk van God, Facebook]
Volgens Minnie eet Marno al sagte kossoorte. Harde kos maak nog sy keel seer.
Hoewel daar aanvanklik aanbeveel is dat Marno ná sy ontslag na ’n rehabilitasiesentrum gestuur moet word, gaan hy nou terapie buite die hospitaal ontvang. Die kleuter moet basies alles weer van voor af leer doen.
“Marno moet nou twee keer per week fisio-, spraak- en arbeidsterapie kry.”
Minnie sê die familie is baie dankbaar dat Marno weer by die huis kan wees, en gaan dinge nou dag vir dag vat.
Verskeie geldinsamelingsprojekte is vir Marno begin om die familie met die hospitaaluitgawes te help. Klik hier vir meer inligting oor die geldinsamelingsprojekte.
Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit van Vrydagaand om 19:30 tot Maandagoggend om 06:00. Kom kuier gerus later weer!
Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.
41 Kommentare
Alle eer aan God!Amen
Alle eer aan ons Hemelse Vader! SO bly vir hierdie gesin
Wonderlik
Prys die Here vir sy goedheid en guns!! ????????
PRYS DIE HERE!!!