Mashatile oor plaasaanvalle: ‘Net meer vae beloftes’

Adj.pres. Paul Mashatile (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Terwyl plaasaanvalle en -moorde oor dekades reeds ʼn groeiende bloedspoor op die Suid-Afrikaanse landskap laat en selfs die buiteland toenemend daarvan kennis neem, is daar net meer vae beloftes van die ANC-regering oor optrede om dit te voorkom.

Só het Fanie du Toit, VF Plus-raadslid in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gesê nadat hy adj.pres. Paul Mashatile Donderdag in die NRP daarop gewys het dat die organisasie Human Rights Watch oor die voorkoms van plaasaanvalle sedert 1994 noem dat daar ʼn sigbare gebrek aan regeringsoptrede hieroor bestaan.

Volgens Mashatile het hy en pres. Cyril Ramaphosa onlangs met Bheki Cele, minister van polisie, vergader oor misdaad in die land en hulle het hom versoek om op ʼn aantal kwessies te fokus, waaronder plaasaanvalle en -moorde.

“Mense dink dikwels ons is net bekommerd oor plaasboere. Nee, ons is bekommerd oor almal wat in daardie plaasgemeenskappe woon omdat hierdie aanvalle en moorde ook gewone mense raak wat op daardie plase werk. Hulle moet beskerm word. So dit is iets waaraan die minister werk.”

Mashatile het gesê bestaande pogings om misdaad in stedelike gebiede te beveg, moet ook na die plaasgemeenskappe uitgebrei word. “Ek kan julle egter die versekering gee dat die plaasgemeenskappe nie vergete is nie.”

Du Toit het statistieke van TLU aan die adjunkpresident voorgehou waarvolgens daar in Januarie vanjaar landwyd 18 aanvalle en twee moorde was, in Februarie 15 aanvalle en twee moorde, in Maart 17 aanvalle en vier moorde, in April 8 aanvalle en ses moorde, in Mei 9 aanvalle en twee moorde, in Junie 12 aanvalle en 10 moorde en in Julie 15 aanvalle en vier moorde. Tot 26 Augustus was daar 10 aanvalle en twee moorde.

“Hierdie koue syfers, al is dit hoe skokkend, vertel boonop nie die volle verhaal van die gevoellose brutaliteit wat met die aanvalle gepaardgaan nie. Mense word ure lank wreed gemartel en onder meer met warm kookolie en strykysters gebrand. Dit is deel van die tragedie.”

Die VF Plus wou hierop van die adjunkpresident weet watter optrede ingestel is om hierdie aanvalle wat ook voedselsekerheid bedreig, te voorkom.

“Adj.pres. Mashatile se antwoord hierop was dat die polisie aangesê is om te fokus op verskeie soorte misdaad soos onwettige myners en plaasaanvalle. Wat onwettige myners betref, het hy gesê daar het reeds ‘groot optrede’ van die polisie begin en ʼn spesiale operasie het reeds in Soweto afgeskop om misdaad te bekamp. Hy ‘glo’ dieselfde sal met plaasaanvalle gebeur.”

Volgens Du Toit maak Mashatile se uitlatings dit vir die VF Plus duidelik dat hy met woorde speel en dat daar steeds geen tasbare plan is om daadwerklik teen plaasmoorde op te tree nie. “Daar is net die gewone vae ondernemings en beloftes.

“Dit boesem geen vertroue in nie en die VF Plus maan daarom lede van die publiek, veral wat die landelike gemeenskap betref, om hulself te bemagtig en proaktief op te tree eerder as om ʼn volgende slagoffer te wees.

“Ná 30 jaar sonder enige daadwerklike plan om plaasaanvalle te bekamp, is dit duidelik dat die ANC gevoelloos teenoor die boeregemeenskap staan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

blia ·

So dis boere en ‘gewone mense’ wat aangeval word. En hier dog ek ‘n boer en sy gesin is ook ‘gewone mense’. Maar nou dat jul besef ‘gewone mense’ word ook aangeval, nou maak julle of jul bekommerd is? Jy het met Ramaphosa vergader oor plaasmoorde… Dis nou dieselfde Ramaphosa wat in Amerika vir a nuuskanaal gesê dat is geen plaasmoorde in Suid Afrika nie? Seker omdat hy nog nie geweet het dat ‘gewone mense’ ook aangeval word nie.

Cherokee ·

blia, dit is uitsonderlik die media wat skuldig is aan die ‘gewone mense’ bewoording. Volgens hulle is die regeringsamptenare ook nie gewone mense nie.

Koos 100 ·

Nie hy, sy president, Cele of enige ander ANC hoë het die vermoë om die waarheid te praat nie!

Gert ·

Wat gaan gebeur wanneer boere self n komandoe stig en self die fonnis oplegging hanteer? Dit is n harde werklikheid wat moontlik op die boere af geforseer gaan moet word vir oorlewing.

Amanda ·

Hy hap soos ‘n vis op droë grond rond, geen gevoel oor onskuldige menselewens wat heengaan nie. Erens moet iets drasties gedoen word om plaasvoorvalle in die kiem te smoor.

Di ·

Hulle moet eerder begin om die OPSTOKER in die bek te ruk wat agter alles sit, MALEMA

Jacques Dawie ·

Hy is n groot aanstaander van die EFF, en so ook is die EFF is aanstaander van hom. Laat dit in sink.

Fran ·

Hulle voorgeslagte was net so wreed toe hulle Voortrekkervroue en kinders vermoor het.

Luckykat ·

Die mense verlekker hul in plaasaanvalle. Dis deel van die plan.

annie ·

… en wat nou? Hierdie twee kaartmannetjies stel net belang in hul eie geheime plannetjies. Paul en Ace kom uit dieselfde huis en hulle en Malema is die die top-toekomstige swart leiers van SA. Ons het veels na uit te sien, mnr De Klerk…

Boatsie ·

Die twee imbisiele moet hul prioriteite regkry; as hul weet wat dit beteken.
Zama Zamas laat in elk geval die polisie soos .p…olle lyk.
Los hulle, laat hul mekaar uitroei.
Jul hang nou die lot vd plaaswerkers, wat kwansuis ook ly, aan die groot klok.
Hallo, skrik wakker. As daai boer vermoor word sit die stomme werkers ook sonder werk.
Tel 1 en 1 bymekaar; dalk kom jul by 2 uit.
Jul leë beloftes saam met hoedkop raak al die grap vd jaar.

gatgogga ·

“Mense dink dikwels ons is net bekommerd oor plaasboere.”
Watter mense dink nogal so? Ons dink die teenoorgestelde.

Eugene ·

Laat ‘n aanval gebeur op een van hul hooggeplaasdes DAN word ‘n kommiesie van ondersoek aangestel maar die wit vel tel mos niks in die land nie!!!!!

Hendrik ·

Die beeld wat ons hier in SWA kry. is grusaam. Al die misdaad in die vorme roof, genadelose geweld, moord. diefstal,verkragting, korrupsie onbeperk waarin die regering selfs n leidende rol speel. Skep die beeld van die hel.

Stephen ·

Begin by die verbanning van die “Kill the Boer” en die vervolging van die aards terroris Malema wat vryelik moord op boere verkondig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.