Maskers nog hier om te bly

(Argieffoto: Unsplash)

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê hoewel verskeie ander lande die verpligte dra van maskers opgeskort het, het die departement nog nie ʼn aanbeveling gekry dat dit ook in Suid-Afrika gedoen kan word nie.

Phaahla het Vrydag by ʼn mediakonferensie oor die jongste stand van sake gesê in talle lande is die dra van maskers steeds verpligtend. “Ons gaan uit ander se ondervinding moet leer, maar ons is nog nie daar nie … dalk oor ʼn maand of twee, maar ons is nie daar nie.”

Die departement het wel die volgende veranderinge aangekondig aan die manier waarop Covid-19 voorkom en beheer kan word:

  • Kontakte van Covid-19-gevalle hoef nie meer in kwarantyn te gaan nie.
  • Geen toetse vir kontakte wat asimptomaties is nie. Bykomende voorsorgmaatreëls word vyf tot sewe dae ná kontak aanbeveel.
  • Kontakopsporing word dadelik gestaak.
  • Diegene wat tydens roetinetoetse positief toets maar asimptomaties is, hoef nie te isoleer nie.
  • Isolasie vir “matige siekte” word verminder van 10 tot sewe dae en ʼn nuwe toets hoef nie gedoen te word nadat simptome gewyk het nie.
  • Matige tot ernstige gevalle behels gewoonlik hospitalisasie en nadat ʼn pasiënt ontslaan is, moet hy sewe dae lank tuis in isolasie bly. Geen verdere toets hoef gedoen te word nie.
  • Bepalings geld vir almal, ongeag of hulle ingeënt is of nie.

Dr. Jeremy Nel, ʼn lid van die ministeriële advieskomitee, sê slegs ʼn baie klein persentasie van gevalle word ieder geval gediagnoseer – dit is soms so min as een uit elke 10 gevalle, of selfs een uit elke 15 gevalle – en dat dit die hoofrede vir die veranderings is.

Nel sê die regte mense wat in kwarantyn moet gaan, word nie opgespoor nie. Kwarantyn kom boonop teen ʼn geweldige koste vir die samelewing en daar is nie meer enige aansienlike openbare gesondheidwaarde daaraan nie. Teen die tyd dat iemand in isolasie gaan, het die meeste oordrag na alle waarskynlikheid ook reeds plaasgevind.

Oningeëntes steeds meeste in hospitale

Hoewel die vierde vlaag nog nie op sy rug is nie, maar einde se kant toe staan, is die meeste pasiënte wat met Covid-19 in hospitale opgeneem word of weens die virus sterf, steeds diegene wat nie daarteen ingeënt is nie.

Dr. Waasila Jassat, verbonde aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), sê data wys steeds daar was in die vierde vlaag veel minder hospitaalopnames en sterftes as in die vorige vlae.

Teen gister was 2 856 mense in hospitale met Covid-19 nie ingeënt nie, 145 gedeeltelik ingeënt en 895 van diegene met Covid-19 in hospitale ten volle ingeënt.

In hoësorgsale is 199 mense nie ingeënt nie, 15 gedeeltelik ingeënt en 93 ten volle ingeënt. In intensiewesorgeenhede is 237 pasiënte met Covid-19 nie ingeënt nie, 135 ten volle ingeënt en 20 gedeeltelik ingeënt.

Virus onder jonges

Dr. Michelle Groome, ook verbonde aan Nios, sê die meeste gevalle wat in die vierde vlaag aangemeld is – sowat 99% – is deur die Omikron-variant van die virus veroorsaak.

Sy sê ook die styging in gevalle wat in sommige provinsies aangemeld word, word grootliks aangedryf deur diegene jonger as 19 jaar oud. Die neiging was egter te wagte nadat skole drie weke gelede heropen het en daar veel meer beweging tussen kinders en jongmense is.

Daar is ook ʼn beter inentingskoers onder ouer burgers, sê Groome. Die verskynsel is ook soortgelyk aan dit wat in die tweede helfte van die derde vlaag opgemerk is, hoewel die syfers nou veel laer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Jacob ·

Dr Phaahla, dit is basies algemene kennis dat maskers nie werk nie. Klein bietjie navorsing en jy sal sien waarom leier lande soos Swede, Denemarke, ens die dra van maskers en alle Covid 19 beperkings afskaf. Maar ek neem aan dat daar diegene is wat verbete aan nog so ‘n klein bietjie mag vasklou.

Dr Nel, daar is ‘n maklike sommetjie; 7 uit 10 mense is nie inge-ent nie, dus maak dit sin dat uit elke 10 mense in die hospitaal of wat sterf, 7 nie ge-ent is nie. Die vraag is waarom maak oninge-entes nie 100% van sterftes en hospitalisasie uit nie? As die entstowwe gewerk het moes daar nie 3 uit 10 inge-entes gesterf of hospitaliseer word nie en alle sterftes en gehospitaliseerdes moes oninge-ent wees.

Of is ek nou verkeerd?

Johnny ·

Die opnames is ‘n geldige steekproef van die samelewing se inspuitingstatus.

ooknetmens ·

Ek het nou ook daai som gaan maak. Ja natuurlik is meeste in hospitale on ge ent, want meeste in bevolking is onge ent. Dit kom neer dat eintlik is albei se hospitalisasies dieselfde, ge ent of nie ge ent. Buiten ICU gevalle is daar in verhouding meer ge ente person as onge entes.

Robert ·

80% is reeds blootgestel en het immuniteit… dit was op die nuus gemeld. Tyd dat alles gelos word.

Johan ·

Mooi opgesom Jacob, maar jy gaan nou teen die mediese kartel se mukpunte. Ekt alle respek vir die mediese wêreld verloor.

Amelia ·

Maskers is die beste manier om die gepeupel daarvan bewus te hou dat daar nog ‘n pandemie aan die gang is. Hoe anders sou ons dit geweet het?

Jedi Knight ·

Ek sit deesdae net my masker op voordat ek by n winkel instap. Sodra ek weer buite is, waai hy.

Johan ·

Presies ametia, dit en politici hou daarvan as mense se monde toe is dan kan mense bie met hul stry nie.

Jacobus ·

As die poppemeesters se “maskers” dat maak hulle só.

marius ·

Wat volg julle ? As iemand se julle moet mense verplig om onderbroeke oor die kop te trek dan sal julle dit ook doen . Geen besluitnemers . Vra jul vrind zweli ….

Adriaan ·

Dit neem n weggooibare masker 450 jaar om te vergaan en dis bereken dat 1.6 biljoen al weggegooi is. Magsbehepte dom astrante politici skep enorme probleme vir ons nageslagte.

Dis bo en behalwe die feit dat maskers nie teen die virus beskerm nie.

VaalDonkie ·

Ek dra nog ‘n “buff” wat ek 2 jaar gelede by my ma gekry het. Die maskers help in elk geval nie, en die reel seg enigiets wat jou mond en neus toemaak, so ek dra maar iets wat gemaklik en veelsydig is.

Johan ·

Ek sal niks wat enige medisie ooit weer kwytraak glo nie. Hulle behoort hul te skaam. Daar is ie kans in die hel dat n masker kan werk nie.

VaalDonkie ·

Kyk hierso, in ‘n land waar hoogstens ‘n derde van burgers inge-ent is, is dit nie juis nuus as “net” ‘n derde van COVID-gevalle in die hospitaal inge-ent is nie. Soos ons met Netcare se Desember data gesien het. Ja. die inspuiting help dat jy nie die emmer skop nie, maar jy kan nog baie maklik lekker siek word. Is maar hoe dit gaan. Wees veilig en gebruik jou gesonde verstand en jy sal (hopelik) oukei wees.

SlinkseKoljander ·

Ek drag glad nie meer n masker nou, ek hou hom in my hand en as n polisieman my stop sit ek hom op en sy vir hom hy moet loop en sy werk gaan doen. Hulle kan dit nie beheer or beboet nie.

Loop vlieg julle gemors regering.

Johan ·

Regering en mediese dokters wat so tekere gaan oor die ou maskermalheid. Anderdag weer moes aanhoor hoe n “Dr” in n restaurant afgaan omdat almal nie die maskers oor hul neuse het nie. Arme mense wat daar werk.

Anel ·

Maskers maak siek, máár mens mag dit mos nie hardop sê nie!!!

VaalDonkie ·

Ek het van my kop af geraak toe my driejarige dogtertjie vir my se sy WIL haar masker dra toe ons uit die kar klim on see toe te stap. Ek het daar en dan besluit ek het nou my limit bereik met hierdie nonsens. Dis een ding om my te probeer vir ‘n ride vat, maar my kind sal hulle uitlos. Van daai dag af dra sy nie meer ‘n masker nie en ek maak ‘n punt om hom so vinnig en dramaties moontlik voor haar af te haal.

Johan ·

Ek stel met jou saam vriend, dink ons moet n beweging stig teen die nonsens…

Renier johannes ·

Hoe moet n mens teen die kastige virus veg met n masker so goed soos om na gun fight toe te gaan met n mes

VaalDonkie ·

Ek haal eerder die masker af sodat ek Vitamien A, C, en D kan inneem. En sommer Sink en ‘n paar ander goeters watse name ek nie kan onthou nie.

Androclus ·

Maskers dra bly verpligtend en die Departement van Gesondheid tref al weer voorbereidings vir die vyfde golf wat sal kom in die winter maande ahhaahha dink net.

Kompas ·

Ek dink dit moet ń keuse wees of jy masker wil dra of nie. Agv masker dra raak ons nou baie siek van ander virusse ( verkoue/maag). omdat ons geen weerstand teen hierdie virusse het.

Willie ·

Volgens die berig is sowat 35% van die pasiënte in hoësorg en amper 40% van dié in intensiewe sorg of gedeeltelik of ten volle ingeënt teen Covid19.
Die persentasie van die Suid Afrikaanse bevolking wat ingeënt is staan “amptelik” op 28%. Bronne verskil oor die ware persentasie, maar argumentsonthalwe kan ons dit 30% maak.
Dit wil dan vir my lyk of meer ingeënte mense ernstig siek word van Covid as die “anti-vaxers”?
Ek se maar net.

VaalDonkie ·

Daar is 30 miljoen dosisse toegedien. En as jy in ag neem baie van dit is twee dosisse Pfizer, dan is 30% heel realisties.

johan ·

Een na die ander studie wys maskers werk gladnie. Dis eintlik ook net common sense. Julle mag allerhande geleerde titels hé maar is denkgewys geheel onnosel.

Andries ·

Ná Brittanje en Ierland, het Denemarke Dinsdag ook meeste regulasies opgehef, gevolg deur Noorweë. Frankryk het Woensdag verskeie beperkings opgehef. Nou wat meer bewyse wil onse hoogs onnoseles nog he as bewys dat dit die inperkings nie nodig is nie

Anoniem ·

My tandarts reken nou die dag dat sy nog nooit voorheen soveel mense met probleme weens swak mond higiëne teëgekom het nie en skryf dit toe aan die ellelange dra van maskers. Daar is meer bakterië in ‘n mens se mond as in jou agterent.

VaalDonkie ·

En ek borsel ook nie altyd meer tande nie want ek dra mos ‘n masker. Ek borsel net as ek my vrou wil soen.

SwartBees ·

Die mense dra mos n masker en dink hul hoef nie hulle bekke te borsel en te versorg nie.

Anna-Marie ·

Ek het normaalweg redelike goeie tande, maar na Covid het ek verskeie nuwe gaatjies in my mond en gaan n tandarts breed glimlag as hy my te siene kry. Ek glo dat die virus direk een of ander manier die gate veroorsaak het. Miskien meer suur in speeksel of so iets.

Andre ·

Eintlik moet die masker eerder ‘n leiband genoem worf, want dis al wat dit doen.

A.S ·

As ek die syfers so kyk lyk dit baie beter/veiliger om eerder net gedeeltelik ingeënt te wees….

Anna-Marie ·

Ek is so dankbaar Maroela lesers is so slim. Sommige mense sou na die getalle gekyk het en gesê het : Kyk die geëntes is beter af, maar ‘n klein sommetjie en dis duidelik dat die ongeëntes tog beter af is.

Jasper ·

Ag tog ja, die silly maskertjies wat almal moet dra is vir ‘n virus soos ‘n ogiesdraad vir ‘n vlooi.

Machiel ·

Die tendens wys duidelik meer gejabte mense beland wêreldwyd in die hospitaal. Suid Afrika kook weer die syfers om die geldgod re behaag. Hulle lieg openlik oor alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.