Die Universiteit Stellenbosch het aangekondig dat Huis Marais, ’n koshuis op die kampus wat tot dusver net mans gehuisves het, eersdaags studente van albei geslagte gaan huisves.
Luidens ’n verklaring deur die universiteit se sentrum vir studentegemeenskappe kan 90 vroue en 68 mans wat tans aan Maties studeer (en dus volgende jaar senior studente van verskillende jaargroepe op die kampus sal wees) volgende jaar in die koshuis geakkommodeer word, asook 90 eerstejaars.
Navrae toon dat leidende universiteite wêreldwyd al meer verblyf verskaf waar studente van albei geslagte in dieselfde gebou woon. Pieter Kloppers, direkteur van studentegemeenskappe by Maties, het gesê aansoeke vir inwoning word nou ingewag.
“Daar is wêreldwyd en ook op Stellenbosch ’n beweging na groter diversiteit in koshuise, as in gedagte gehou word dat koshuise nie net studente moet huisves nie, maar hulle ook op ’n ontwikkelende wêreld moet voorberei, en hulle die geleentheid moet bied om netwerke te vestig op ’n wyse wat vir hulle die grootste moontlike voordeel inhou,” het Kloppers verduidelik.
Hy sê hoewel verandering vir baie mense moeilik is om te hanteer, floreer studente gou in nuwe omstandighede en is die reaksie uit studentegeledere op transformasie van verblyf baie positief sodra die studente daaraan gewoond is.
So byvoorbeeld het die manskoshuis Eendrag ’n paar jaar gelede besluit om daarmee te eksperimenteer om ’n vrou tot hul huiskomitee (HK) te verkies ten einde sensitiwiteit oor geslagskwessies te bevorder (die vrou was nie op enige manier ’n inwoner van die koshuis nie).
Tans is daar verskeie manskoshuise wat in Eendrag se voetspore gevolg het en ook besluit het om ’n vrou op hul HK te verkies.
Wat die nuwe koshuis in Huis Marais betref, sal daar na verwagting op sommige vloere of seksies net mans woon, op ander net vroue en op ander albei geslagte. In hierdie verband toon navorsing en ervaring dat eerstejaars meer konserwatief is oor ruimtes wat deur albei geslagte gelyk bewoon word as wat senior studente is. Dit wil nie tans voorkom of twee mense van verskillende geslagte toegelaat sal word om ’n kamer te deel nie.
Wat toiletgeriewe betref toon ervaring die antwoord is om ’n beperkte aantal studente van albei geslagte spesifieke toiletgeriewe te laat deel. As ’’n student elke dag moet saamleef met diegene met wie hy of sy toilette deel, is die gedrag bykans altyd goed, maar nie sonder ’n spesifieke toedeling en beperking op wie die toiletgeriewe mag gebruik nie.
Kloppers het bevestig dat kommunale stortgeriewe taboe is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Ek maak solank popcorn… LOL
Daar gaan al die ou koshuistradisies.
Oops, en sy naam is………..?
Hoera vir die Nuwe Wèreld Wanorde-kultus wat Stellenbosch binne gevaar het. Waar gaan die grootse beeld staan wat die studente moet aanbid?
Watch this space….. Ek wag nou maar vir die eerste negatiewe artikel in die verband. Nee dis ‘n resep vir moeilikheid.