Mbalula sê hoekom bestuurslisensies hernu moet word

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Suid-Afrikaanse motoriste moet glo elke vyf jaar hul bestuurslisensiekaarte hernu omdat die materiaal waarvan dié kaarte vervaardig is, blykbaar nie langer as hierdie tydperk sal hou nie.

 Luidens hofrekords wat Fikile Mbalula, minister van vervoer, in AfriForum se hofsaak oor die wettigheid van dié kaarte ingedien het, is dit een van die redes waarom die vyfjaar-hernuwingsvereiste aanvanklik ingestel is.

Maroela Media het vroeër berig dat die burgerregteorganisasie dié vereiste in die hof wil betwis en ongeldig laat verklaar aangesien die wetgewing rakende die hernuwing van bestuurslisensies onduidelik is.

Reiner Duvenage, AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, het Woensdag gesê die ander redes wat Mbalula vir die hernuwingsvereiste aangevoer het, is “skraps”.

“Dit blyk nou ook dat Mbalula vanweë openbare druk op die departement van vervoer tog oorweeg om die hernuwingstydperk van bestuurslisensiekaarte van vyf jaar tot tien jaar te verleng.

“Mbalula het onlangs self erken dat die wetgewing dit nie baie duidelik maak dat die bestuurlisensiekaarte elke vyf jaar hernu moet word nie. Hy het egter in ’n onderhoud waartydens hy hierdie stelling gemaak het, na die verkeerde wetgewing verwys. Mbalula het beweer dat dit die Nasionale Padvervoerwet is wat die hernuwingstydperk bepaal terwyl dit die Nasionale Padverkeerswet is wat eintlik die hernuwingstydperk bepaal. AfriForum se argumente wys egter daarop dat bestuurderslisensies permanent geldig is volgens die Nasionale Padverkeerswet.”

Duvenage sê AfriForum gaan ondanks die departement se skynbare voorneme om die hernuwingstydperk van bestuurslisensiekaarte tot tien jaar te verleng, met sy regstappe voort.

Die organisasie se regsaksie het ten doel om ’n hofbevel te bekom wat stel dat die wetgewing wat voorgee om die vyfjaar-hernuwingstydperk van bestuurslisensiekaarte voor te skryf, onredelik, arbitrêr en vaag is, asook dat motoriste nie gestraf mag word indien hulle met vervalde bestuurslisensiekaarte bestuur nie.

AfriForum versoek dus van die hof dat die hernuwingstydperk van bestuurslisensiekaarte hersien en geskrap moet word.

“AfriForum se regstappe gaan ’n sleutelrol speel om ’n einde aan die vyfjaar-hernuwingstydperk van bestuurslisensiekaarte te bring, aangesien die regering nie bekend is daarvoor dat hy sy beloftes nakom nie.

“Dit is uiters bemoedigend vir AfriForum se hofsaak dat die minister self erken dat die wetgewing onduidelik is wat betref die hernuwingstydperk van bestuurslisensiekaarte. Daarby wys die hofrekord dat dit geheel en al ’n onvoldoende en irrasionele verduideliking is om die vyfjaar-hernuwingstydperk voor te skryf bloot omdat die materiaal van die bestuurslisensiekaarte na bewering nie langer kan hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

koos ·

Dis nou die grootste klomp tjol van die dag. Waar is sy bewyse, myne lyk nog nuut na 5 jaar. Natuurlik sal hy soos hond se braaksel lyk as jy hom nie oppas nie, NET SOOS JOU ID KAART OOK. Hierdie knaap lieg deur sy tande, gelukkig vir hom is daar nie elke 5-jaar ‘n verpligte IK toets vir ministers nie.

Elizabeth ·

Of enigsinds ñ IK toets vir ministers en die ‘uitvoerende’ gesag????????????

tierwyfie ·

Koos, ek stem saam met jou. Ek hou van die idee van IK toetse, maar hulle sal dit elke jaar moet doen want dit lyk my dit is elke jaar swakker en dan sou ek ook sigometriese toetse en ‘n eksamen om te bepaal of hulle wel weet wat hulle poste behels aanbeveel. Dit moet ‘n vereiste wees vir enige staatsamptenaar voordat hulle enigsins in ‘n pos aangestel kan word.

Oosieoos ·

Hoe het hulle hom aangestel as minister daar gaan nie a dag verby wat hy nie a gek van homself en sy regering maak nie

Waarnemer ·

Hierdie mbalula ou het nie n idee waarvan hy praat nie.Jou bestuurderslisensie verval alleenlik as dit deur n hof ingetrek word.Die kaart verval omdat die regering geld maak daaruit en my ou bestuurderslisensiejaart lyk na 8 jaar nog net soos die dag toe ek dit ontvang het.Nee ek gebruik dit nie maar berr dit as n aandenking om vir my agter kleinkinderz te wys hoe korrup die huidige regering is.

Michael ·

Wat ‘n absurde rede. Dit bevestig net dat hierdie kommunistiese regime glo dat die burgers van hierdie land almal idiote is.

Blikkantien ·

Dit was woord vir woord my gedagtes toe ek hierdie artikel lees.

Mariana ·

Die man is regtig nie baie slim nie en dit is al oor en oor bewys. Wat hy daar in die pos soek is regtig ‘n vraag. Net jammer dit wat hy dink kom by sy mond uit en dan dink hy ons is so onnosel om hom te glo. Nee regtig?

Nie Verbaas ·

As jy sy brein in n mossie inbou fladder hy net met die een vlerk.

Vettiemaragartos ·

“Suid-Afrikaanse motoriste moet glo elke vyf jaar hul bestuurslisensiekaarte hernu omdat die materiaal waarvan dié kaarte vervaardig is, blykbaar nie langer as hierdie tydperk sal hou nie.” Is ‘n IK toets nie ‘n vereiste om ‘n minister te word nie. Ek het nog my 1ste lisensie kaart wat in 2003 uitgereik is en alles is nog duidelik sigbaar daarop. Dis nou 19 jaar later. Nou hoe nou mininster?

Gert ·

Hy het nie n rede nie dis hoekom hy sê die kaart raak verslete. Plaas hy net sê sodat ons geld kan maak om te vermors dan kan ‘n mens hom glo.

PoppieK ·

Ek het steeds my eerste kaart wat aan my gegee was…. (intussen 3 ander gekry) En die eerste een makeer nog NIKS

VannieBaai ·

Wat ‘n klomp tjol. Ek het nog my eerste lisensiekaart van 2003 en al die ander daarna en hul lyk steeds asof ek dit gister ontvang het. Wie het nou dié klomp nonsens aan hom oorvertel????

GWS ·

My heel eerste kaart lyk nog net so goed as aan die begin. Laat die wie se kaarte dan sleg lyk nuwes kry!!!!

Surfer ·

Hy besit seker aandele in die firma wat die materiaal verskaf, so hulle koop dit van sy pel af aan teen R1miljoen n rol (hy kry 50% van verkope), maar jy kan dit by n ander firma koop vir R 100 n rol, maar dis nie sy pel nie, maar n “milky bar” besigheid.

Di ·

Hierdie aanhoudende hernuwing van alles in die land is net om meer geld in die Kaders se sakke te kan druk. MONEY MAKING BUSINESS

Cy ·

Hy is seker ook n werklose onderwyser soos sy kader maatjies…altyd n held in n kind se wereld !!!!!

domheks ·

Die man kry seker weer iets uit die mense wat die kaarte maak. Dis hoekom dit vir hom so belangrik is vir elke 5 jaar! Dink ons is almal bobbejane om hom te glo.

Alida ·

Ag dis absolute twak! Ek het so pas my nuwe lisensiekaart gekry, en toe my lisensies van 5 jaar gelede én die een van 10 jaar gelede weggegooi, en laasgenoemde was nog in ‘n perfekte toestand!

Johan ·

Ek hoop vuurwapenlisensies is volgende. Ek kan inelkgeval nie verstaan hoekom dit n misdryf is om iets te besit nie, die misdryf behoort te wees om dit te MISBRUIK…maar ja, die is n goeie begin.

Elizabeth ·

Sê vir die dom jakkals hy kan na my kaarte kom kyk van 2006 tot nou. Dink hy waaragtig ons is dommer as hy?

Marius ·

Ek het nog al my vorige bestuurslisensies, vanaf 2003, en almal lyk splinternuut!!
Ek hoop iemand kan die mamparra dit oorvertel!

Anel ·

Wel, my eerste lisensie is in my blou ID boekie gepak,so 44 jaar gelede en hy makeer nog steeds niks, net soos my huweliksertifikaat. My man se vuurwapenlusensie is ook nog in sy blouboekie, alles by mekaar. Net soos my groen ID boekie waarvan ek nog steeds myne het, my eerste een na ons getroud is met my nuwe van en swaarvoertuiglisensie. So as mens jou goed oppas, hoef jy dit nie te vervang nie. Hoe dom dink hy is ons? Plastiek verweer nie sommer nie!!

Nie Verbaas ·

Wat n pot nonsens dat die materiaal nie sal hou nie. Ek het nog my kaart van 10 jaar gelede en absoluut niks fout met dit nie. Mbalula, almal is nie op dieselfde vlak van beperkte intelligensie as jy nie.

Boatsie ·

Het mens al ooit in jou lewe van ‘n swakker verskoning gehoor as die een en dit komende van en dit nogal komende van ‘n minister.
Mense behoede ons stomme land.

Boertjie ·

Ek glo nie ‘n woord wat die agbare minister kwytraak nie. Ek hou al my ou kaarte, so ek het 3 wat tuis gebêre is, en my huidige een in my beursie. Die oudste kaart is nog presies in dieselfde toestand as my nuutste kaart. So die minister moet met ‘n ander storie kom as “die materiaal hou nie”. Dis ‘n geldmaakstorie, uit en gedaan.

Nico ·

Hoekom die bestuurslisensies verander was gaan my verstand te bowe, ek het nog my groen ID boekie met my lisensie in wat nog geldig is hou die lisensie soos dit is en maak dit permanent. Daar is bestuurders wat die lisensie kaart nie kan bewaar nie.

Swerwer ·

Enige iets net om geld te maak wat weer die ANC se agtersta;;oge salarisse te kan betaal.

Ronel ·

Nou wys die minister sy IK, ek het nog ‘n ou lisensie wat meer as 10 jaar oud is en nog niks fout met die materiaal nie

Charl ·

Dis ‘n lisensiekaart, nie ‘n bankkaart wat jy gereeld by ‘n OTM indruk en sodoende slyt en verweer dit nie jou idioot !! Jou van moes nie mbalula wees maar mamparra.

SjN ·

Die sinnelose antwoord weerspieel hul integriteit en 30% slaagsyfers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.