Medelye ná Comrades-atleet sterf

Mzamo Mthembu (Foto: Hollywoodbets-atletiekklub, Facebook)

Talle boodskappe van medelye het ingestroom ná die dood van Mzamo Mthembu, wat Sondag tydens die Comrades-marathon inmekaargesak het.

Mthembu was ’n lid van die Hollywoodbets-atletiekklub in Amanzimtoti.

Die klub het op Facebook gesê dat Mthembu ernstige gesondheidskomplikasies tydens die wedloop opgedoen en in Pinetown ineengestort het. Hy is na die Westville-hospitaal geneem waar hy dood is.

Mthembu was onder die 15 986 mense wat vir vanjaar se wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban ingeskryf het. Tete Dijana het Sondagoggend eerste oor die wenstreep gehardloop en die wedloop in 05:30:38 voltooi.

Die Mitchells Plain Titans-atletiekklub en Nomusa Dube-Ncube, premier van KwaZulu-Natal, was onder diegene wat hul medelye met Mthembu se familie en vriende betuig het.

“Woorde kan nie beskryf hoe hartseer ons is om van sy dood te hoor nie. Mag goeie herinneringe familie en vriende in hierdie tyd troos,” skryf die klub op Facebook.

Vuyani Mxo beskryf Mthembu se dood ook as ’n groot verlies vir die Hollywoodbets-atletiekklub.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ernstige gesondheidskomplikasies. Dis n nuwe een. RIV.

George ·

Glad nie iets nuuts nie, jaarliks by comorades, boston, london, ny etc gebeur dit. PRE-covid, vir as jy op daai waantjie wil spring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.