Meer as 1 500 by metro ontvang bedrieglik toelae

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Meer as 1 500 van die Stad Johannesburg se werknemers het op ’n bedrieglike wyse die spesiale Covid-19-toelaag van R350 of ander maatskaplike toelae ontvang.

Die metro se forensiese groep- ondersoekeenheid (GFIS) het onthul dat 419 werknemers voordeel getrek het uit die spesiale Covid-19-toelaag terwyl nog 1 129 werknemers op ’n bedrieglike wyse voordeel getrek het uit ander maatskaplike toelae, waaronder kindertoelae.

Geoffrey Makhubo, uitvoerende burgemeester van Johannesburg, sê nou tugstappe sal teen die skuldiges geneem word. Die burgemeester het ook die GFIS aangesê om die uitslag van sy ondersoek met die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) te deel vir verdere optrede.

Dié optrede kan moontlik strafregtelike vervolging insluit.

“Ons is onverdraagsaam teenoor misdadigheid en kriminele aktiwiteite. Ons is gekant teen enige vorm van korrupsie,” sê Makhubo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Suzette ·

Ja en by hoeveel ander metros en munisipaliteit gaan dit nie dieselfde nie…..

Nie Verbaas ·

Sluit die tugstappe n bevordering in? Dis mos wat ANC doen.

Anel ·

Kry die geld terug en sluit toe. Of beter nog, vat hul pesioen om die geld terug te kry en sluit nog steeds toe en gooi die sleutel weg. Hulke jry elje maand GROOT salaris en dan ontneem hulle weerlose mense van ‘n lewenslyn.

Pieter ·

En so hou die ANC sirkus aan. En so hou ons maar net aan betaal. Hulle is slim en ons baie dom want ons bly maar net betaal

Sarel ·

Wel almal doen dit nou doen ek ook maar.
Wie het zsnsoeke goed gekeur.
Intussen word wettige Pensioenarisse se toelae verlaag

Swerkater ·

Dit hou net nie op nie!! Genade. Mense wat die geld so nodig gehad het is afgewys maar die helsims help hulself sommer.

Derek ·

Dit is wanneer jou god die god van gierigheid is, misdaad het n kultuur geword in ons land.

Ansie ·

Bewys asb julle onverdraagsaamheid teenoor misdaad en steek die skuldiges in die pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.