Meer as 12 000 vas ná KZN-klopjagte

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 12 000 verdagtes is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem as deel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Operasie Fiela, ʼn veldtog wat daarop gemik is om onwettige aktiwiteite stop te sit.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die operasie teiken gebiede wat daarvoor berug is dat misdadigers daar bly of van daar af onwettige aktiwiteite bedryf. Dit word in samewerking met die weermag, die departement van binnelandse sake en die metropolisie gedoen.

“’n Totaal van 12 171 verdagtes oor die hele provinsie is in hegtenis geneem. Sedert die begin van die operasie is 223 verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van moord, 137 vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, 169 vir verkragting, 146 vir roof, asook ander vir huisbraak, dwelmbesit, veediefstal, aanranding, korrupsie, ontvoering en ander aanklagte,” het hy gesê.

Volgens Zwane het die polisie tydens die operasie op verskeie goedere beslag gelê, insluitend dwelms, drank, juwele, elektroniese toestelle, vuurwapens, ammunisie en vervalste items.

Operasie Fiela het sedert sy ontstaan baie kritiek van verskeie organisasies ontlok wat meen die operasie teiken buitelanders eerder as misdadigers. Volgens Lawyers for Human Rights (LHR) word ongedokumenteerde immigrante deur die klopjagte geteiken wat tot gevolg het dat die geteikende groepe “se menswaardigheid aangetas” word.

“Ons sê nie die regering moenie misdaad aanspreek nie, maar sulke operasies moenie as dekmantel gebruik word om ʼn reeds kwesbare bevolking te teiken nie,” het die organisasie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Philip ·

Nog n addisionele uitgawe van ongeveer R 1 200 000-00 per maand uit die belastingbetaler se sak vir verhoor afwagtendes.

Pierre Celliers ·

Ek het ‘n paar moorde gepleeg. Moet net nie my menswaardigheid aan tas deur my te arresteer nie!!! WTF?!!

ladybug ·

Hou so aan, moenie dat die Human rights Commission julle van stryk bring nie! Hierdie raids werk soos ‘n bom!!!! Wel gedaan SAPS en almal betrokke!

Pierre Celliers ·

Hierdie 12000 misdadigers!!! Wat se dit vir die res van die wereld van
die “Afrikane”??! Miskien; “Ons het geweet, hulle is ALMAL dieselfde”!!

Marie barnard ·

ek vir eens het gedink die polisie het n baie goeie strategie gevolg deur die onwettiges vas te trek. Die wat vrywliglik vertrek het was die goeie mense.

KarooKlong ·

Uit die samehang kan ons die afleiding maak dat almal wat tydens hierdie klopjagte in hegtenis geneem is, is of op borg uit of op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Daar kan onmoontlik nie plek wees vir ekstra 12000 kriminele in die huidige oorvol tronke nie.

HEVW ·

Laat staan die gevangenis. Gee elkeen n pik en graaf en laat hul n diep sloot grawe en dan………………………….

HEVW ·

Laat staan die gevangenis. Gee elkeen n pik en graaf en laat hul n diep sloot grawe en dan…………………………..
kan dit vir besproeiing aangewend word.

Adel ·

HEVW ek hou baie van die rigting waarin jy dink! Dit moet net nie by 12000 eindig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.