Meer as 60 transitorowe in Gauteng eis 18 wagte

Argieffoto

Altesaam 61 transitorooftogte is in die vorige finansiële jaar in Gauteng uitgevoer waarin 18 sekuriteitsbeamptes doodgeskiet en 81 beseer is.

Só het die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, aan die VF Plus bevestig.

In die eerste drie maande van 2020 is reeds 26 transitorooftogte in Gauteng aangemeld.

Kobus Hoffman, ʼn VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer, sê transitorooftog-sindikate is in die meeste gevalle goed opgelei en beter bewapen as die polisie. Hy sê die polisie moet ook dikwels uitdagings oorkom, soos ’n tekort aan mannekrag, voertuie, wapens en opleiding.

“Die VF Plus het die afgelope jaar verskeie keer die polisie gevra om veiligheidsmaatreëls op te skerp en veral om sy lugvleuel weer in volle werking te stel omdat lugondersteuning ʼn kardinale rol speel met die bekamping van ernstige misdaad,” sê Hoffman.

Die party het ook die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, versoek om in die beste belang van die gemeenskap op te tree deur toe te sien dat die polisie die nodige hulpmiddels het om hul werk na behore uit te voer.

“Die VF Plus sal onverpoosd druk op Mazibuko plaas om die veiligheid van inwoners eerste te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

“Hy sê die polisie moet ook dikwels uitdagings oorkom, soos ’n tekort aan mannekrag, voertuie, wapens en opleiding.”

Altyd verskonings vir die polisie. Hoekom gee mad hatter nie vir hulle die “tools” om te kan werk nie siende dat hy so groot mond het?

Pieter ·

EK dink die is die gevaarlikste werk ooit in S.A. (Buiten om n Boer te wees in S.A).

Fedup ·

Yes how ironic.
No one have so much excuses as the police.
Maybe a bit of excercise can remedy that.
Why don’t the cash and transit companies consider other alternatives to move such large sums of money.
Drones, dragons, helicopters and such.
At least that will save lifes.

Kokerboom ·

Dringende herbeplanning en hersiening van polisie funsie in SA moet spoedig gedoen word. Die status quo WERK NIE!!!!Die totale polisiestruktuur moet herstruktueer word. In huidige format kan die SAPD NIE die werk doen om land en sy mense veilig te hou. Drastiese nuwe denke is nou nodig. Die vervoer van geld skep uiterse gevare vir werknemers asook publiek. Nuwe metodes moet ge-implementeer word. Die boewe is gewetenloos.

Pietertjie ·

Gnf, maar dis baie fondsinsamelings! Ek wonder vir wie (of wat) word die fondse benodig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.