Meer mense as ooit in SA nou werkloos

(Argieffoto: Facebook)

Altesame 7,9 miljoen Suid-Afrikaners is nou werkloos, terwyl die amptelike werkloosheidsyfer tot ʼn rekordhoë 35,3% toegeneem het. Dit is die hoogste syfer sedert Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) in 2008 met die kwartaallikse peiling begin het.

StatsSA het Dinsdag die werkloosheidsyfers vir die vierde kwartaal van 2021 ná ʼn vertraging met die syfers bekend gemaak.

Dit skets ʼn treurige prentjie van nóg 278 000 mense wat sedert die derde kwartaal hul werk verloor het. Die werkloosheidsyfer het ʼn kwartaal tevore op 34,9% gestaan.

Volgens die kwartaallikse indiensnemingspeiling het 14,5 miljoen mense in die vierde kwartaal werk gehad – ʼn toename van 262 000.

Risenga Maluleke, statistikus-generaal, sê die getal mense wat ekonomies onaktief is, het met 397 000 tot 17,4% in die vierde kwartaal afgeneem. Die getal ontmoedigde werksoekers het met 56 000 (1,4%) toegeneem, terwyl die getal mense wat weens bepaalde redes – afgesien daarvan dat hulle ontmoedig is – ekonomies onaktief is, met 341 000 tussen die laaste twee kwartale gedaal het.

Indiensneming in die formele sektor het met 143 000 werksgeleenthede tussen 2021 se derde en vierde kwartaal toegeneem en hierdie sektor is verantwoordelik vir 67,2% van alle indiensneming in Suid-Afrika.

  • 9,8 miljoen mense werk in die formele sektor.
  • 2,6 miljoen mense werk in die informele sektor.
  • Private huishoudings neem 1,3 miljoen mense in diens.
  • Altesame 0,9 miljoen mense werk in die landboubedryf.

In die informele sektor is daar in die vierde kwartaal egter agteruit geboer. Altesame 48 000 werksgeleenthede het volgens die jongste syfers in dié sektor verlore gegaan.

Die 262 000 werksgeleenthede wat wel geskep is, was hoofsaaklik te danke aan ʼn toename in indiensneming by private huishoudings (129 000), in die handelsektor (118 000) en gemeenskap- en maatskaplike dienste (73 000).

In die vervaardigingsbedryf gaan dit ook steeds nie goed nie – ʼn afname van 85 000 werksgeleenthede is opgeteken, terwyl die boubedryf ook 25 000 werksgeleenthede gebloei het.

Indiensneming per bedryf:

  • Landbou: het 7,1% meer mense (57 000 werksgeleenthede) in diens geneem.
  • Mynwese: het ʼn daling van 3,5% in werksgeleenthede, oftewel 14 000 poste, ondervind.
  • Vervaardiging: het die naashoogste daling in werksgeleenthede – altesame 11,7% – ondervind en 174 000 poste het verlore gegaan.
  • Nutsdienste: ondervind persentasiegewys die grootste daling (-17,7%) wat neerkom op ʼn verlies aan 18 000 poste.
  • Konstruksie: ondervind ʼn daling van 2,8% of 33 000 poste.
  • Handel: ondervind ʼn daling van 5,5% of 168 000 minder werksgeleenthede.
  • Vervoer: ʼn effense styging van 0,8% in indiensnemingsvlakke, of 8 000 bykomende werksgeleenthede.
  • Finansies: ʼn toename van 4% wat 93 000 werksgeleenthede verteenwoordig.
  • Gemeenskap- en maatskaplike dienste: ondervind in die vierde kwartaal ʼn daling van 8,1% in indiensneming wat 286 000 poste verteenwoordig.
  • Private huishoudings: beleef ʼn opwaartse kurwe en het aan nog 62 000 mense (ʼn styging van 5,2%) werk verskaf.

Jong mense steier steeds onder die land se hoë werkloosheidsvlakke. Sowat 3,4 miljoen (32,8%) uit 10,2 miljoen jongmense tussen 15 en 24 jaar oud werk nie, maar ontvang ook geen verdere onderrig of opleiding (NEET) nie.

Werkloosheidskoers volgens ouderdom:

  • 55-66 jaar: 11,4%
  • 45-54 jaar: 22,8%
  • 35-44 jaar: 30%
  • 25-34 jaar: 43,5%
  • 15-24 jaar: 66,5%

Die werkloosheidskoers onder mense tussen 15 en 24 jaar oud staan op 66,5%, terwyl die syfer vir diegene tussen 25 en 34 jaar oud op 43,5% staan.

Die werkloosheidskoers is steeds die hoogste onder swart Suid-Afrikaners (39,1%) en die werkloosheidskoers onder dié bevolkingsgroep is hoër as die nasionale gemiddeld, asook dié van ander bevolkingsgroepe.

Veral swart vroue is die kwesbaarste, met ʼn werkloosheidsyfer van 42,4% in die vierde kwartaal van 2021.

Die algehele werkloosheidsyfer vir bruin mense staan op 29,8%, vir Indiërmense op 27,5% en vir wit mense op 8,8%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willempie ·

En die wenner is……. ? KUBA. R50m prysgeld. Nie nodig vir Suid-Afrikaners nie.

Tokkel ·

EN DIE ANC REGERING WIL GELD UITDEEL VIR CUBA???? VERSTAAN NIE HOE HUL KOPPE WERK NIE…..

Samuel ·

Dankie ANC. Dankie vir BBEE.

Regering voel vere vir werkloses en armes ongeag hulle ras of velkleur. Deel graag geld uit aan Kuba. En natuurlik in hul eie bankrekeninge. Pfffffffft

Jannie van Niekerk ·

Na my mening en indien ek hierdie artilkel reg lees is die werkloosheidsyfer eerder nader aan 60% as 35% As ons egter die 20 miljoen buitelanders terug stuur an hulle lande van herkoms in Afrika en Asië kan die syfer draties daal

Swerwer ·

En wie is te danke daarvoor………..DIE ANC. Maar stem stem ons vir die ANC want hul maak mos leë beloftes en die Voorvaders sê hul mos voor. Geen salf te smeer nie. In die sestiger jare was daar ‘n storie op die radio wat ons as gesin elke aand na Huisgodsdiens geluister het. Toe al het my |Pa vir ons gesê:”Julle moet mooi luister en hard leer want hul gaan die land regeer en julle gaan onder hulle werk”

Kobus ·

Ek verstaan iets nie lekker nie. Wanner kinders onder 18 op plase help met take, is al wat organisasie op die boere omdat hulle kinderarbeid gebruik. Nou sien ek die statistiek maak melding van 15-24 jaar? Moet ‘n kind van 15 nie nog op die skoolbanke wees nie?

Marshall ·

Eight comments. Eight complaints. Zero SOLUTIONS proposed. The Afrikaner is doomed.
Stop complaining and stating the obvious. Start finding solutions. Your leadership structures were hijacked by the Globalists way back, starting on 6th September 1966. Your leadership structures are the enemy.

Pieter9 ·

In die area waar ek gereeld kom is die werkloosheid 68% , met slegs 38% van huishoudings waar beide ouers teenwoordig is; ons, SA, oplossing is regtig nie ‘rocket science’ nie…werkskepping (ekonomiese groei) is die enigste antwoord, hoe?
Skaf BEE af( die administrasie daarvan alleen kos besighede miljoene rand) en vervang met ‘n belasting voordeel vir besighede wat werkloses in diens neem (wat demografies meer verteenwordigend is), herstel spoornetwerk, opgradeer stasies en herstel hawens kapasiteit en privatiseer staatsondernemings. Hierdie sal ‘n goeie begin wees ( daar is nog baie meer wat gedeon kan word).

pompies ·

Ja as jy ongeletterd is en nie skool gegaan het nie sal jy enige iets glo wat die hoofman aan jou opdis, en dit is gewoonlik vir sy eie sak en rykdom so stem maar gerus vir julle anc se lee beloftes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.