Meghan Cremer-moord: Drie in hof

Meghan Cremer

Die drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Meghan Cremer (30) het Woensdag in die Athlone-landdroshof in Kaapstad verskyn.

eNuus berig die saak teen Jeremy Sias, Charles Daniels en Shiraaz Jaftha is tot einde Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Die drie het vroeër hul borgtogaansoeke laat vaar en bly agter tralies.

Die drie verdagtes is kort nadat Cremer se liggaam op 8 Augustus by ʼn sandmyn in Philippi ontdek is, in hegtenis geneem.

Cremer het op 3 Augustus spoorloos verdwyn. Vyf dae en ʼn uitgebreide soektog later, is haar liggaam by die sandmyn gevind. Sy was ten volle geklee en ʼn tou is om haar nek vasgemaak. Dit is nog onduidelik of sy seksueel aangerand is.

Die verdagtes is in besit van Cremer se wit Toyota Auris gevind.

Daar is vroeër bevestig dat een van die verdagtes in die moord op Cremer aan haar familie bekend is en dat dié verdagte op die perdeplaas, waar Cremer gewoon het, gewerk het.

Cremer was ʼn kranige perderuiter en het op die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas gewoon.

Sy is die Saterdag omstreeks 18:00 in haar Toyota Auris daar weg en haar motor is die Maandag in Grassy Park opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Die grootste gedeelte van hierdie land se populasie het nie die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem tydens die pleeg daarvan nie. Dis net “onmiddelike behoefte bevrediging” wat oorneem. Jy het ‘n foon, ek het ‘n mes, ek steek jou dood en vat jou foon….Nooit word daar vir ‘n oomblik gedink oor die gevolge van daardie daad nie. Want wat het hierdie 3 menere gedink terwyl hulle ‘n tingerige vrou uit haar kar ruk, ‘n tou om haar nek bind, haar wurg tot sy sterf, en met haar kar rond ry? Het hulle gedink hulle gaan ‘n beter lewe hê? Het hulle gedink niemand gaan na haar soek nie? Wat presies was die denke tydens die uitvoer van hierdie daad? Daar was geen denke nie, want die vermoë bestaan nie……

m ·

@Gemaskerde Sopbeen, stem saam, moet se, dit klink al hoe meer nes die regering se policy ook!!

JohanR ·

Jy is darem soe reg in wat jy skryf Gemaskerde Sopbeen. Alles in SA is “instant”, en moenie te ver vooruit bekommer oor die gevolge nie. Daar is nie te veel breins betrokke by dade nie.

Ja ne ·

Hulle sal nie so swaar gestraf word soos die wat ‘n persoon in n doodskis sit nie,….

Kyk dis mos baie erger..

JohanR ·

Waar is die vierde verdagte? Loop hy nog rond met ‘n groot glimlag, en tik rook? Jammer Dries ANCWL kan nie daar wees nie. Ou Bathbile Dlamini sit op die Oyster Rock in Unhlanga se stoep en drink pina coladas…..

Michael P ·

NOOOOOIT Dries hulle slaap nog ek dink hulle weet nie eers van die saak nie dit is mos n blanke vrou.

Viss ·

Ek wonder waar is die Langebaan 4 en hulle groot opstoker nou,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,dit is nou mos ‘n blanke wat vermoor is deur ander kleuriges. Wonder of die familie ook miljoene kan eis van die 3 moordenaars,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.