Meghan Cremer-verhoor begin

Megan Cremer.

Die lankverwagte verhoor van die verdagte wat teregstaan vir die moord op Meghan Cremer (29) van Philippi, Kaapstad, begin vandag (Maandag) in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Jeremy Sias is die enigste verdagte in die moordsaak en staan tereg op aanklag van moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal en dwarsboming van die gereg.

Hy was ʼn werknemer op die plaas waar Cremer ten tyde van haar moord gewoon het.

Die verhoor is verskeie kere uitgestel weens die pandemie en Sias wat sy regsverteenwoordigers die trekpas gegee het.

Jeremy Sias (Foto: Twitter)

Maroela Media het vroeër berig Cremer, ’n kranige perderuiter en bakkerybestuurder van Philippi, is op 3 Augustus 2019 in haar kothuis op die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas waar sy gewoon het, aangerand en verwurg. Haar liggaam is daarna in die bagasieruim van haar wit Toyota Auris gelaai en by ’n sandmyn in Philippi gestort.

Volgens die staat het Sias dié betrokke dag Cremer in haar kothuis met ’n blou lint verwurg, waarna hy met haar in die bagasieruim van haar motor rondgery het op soek na ’n plek om haar liggaam te stort. Cremer se liggaam is dae later met die blou lint om haar nek aangetref.

Sias is ʼn paar dae later in hegtenis geneem in verband met Cremer se moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JM ·

Skuim!! Gemors!! Elkeen wat moor dink dat hy nie gevang sal word nie. Sluit hom lewenslank toe!

Wondermaarnet ·

Watter deel verstaan die leiers nie van bring terug die doodstraf nie? Dit is al wat gaan help teen gewetenlose moordenaars.

Marcello ·

Dink mooi oor jou stelling van bring die doodstraf terug, wie dink jy in hierdie nuwe SA gaan die meeste gehang word. En onthou dan “skend jy sy mensereg”…die wette geld net vir sekere mense.

KatjieDeKat ·

Dis waar. One’s “gut reaction” is to wish for the return of the death penalty. Maar in hierdie land gaan dit eensydig toegepas word en ons almal weet wie ter dood gevonnis sal word vir die geringste dingetjie, terwyl n ander groep nog steeds gevangenis vonnis sal kry vir die wreedste moorde.

Pannies ·

Stem 100% saam met jou !!!!
Gebruik die geld vir n goeie doel eerder as om moordenaars lewenslank vet te voer.

Christelle ·

Regoor ons land is paaie en dorpe wat verval agv herstel kostes. Hulle moet landwyd die gevangenis soos in die ou dae laat werk aan paaie ens. Ketting hulle vas aanmekaar en laat hulle werk vir hulle kos en verblyf. Vir moord en verkragting, bring die doodstraf terug, Niemand is meer bang vir die tronke nie, want dis deesdae soos koshuise met luukshede.

Wicus ·

Na my mening kan ‘n moordenaar nie aanspraak maak op menseregte nie!

Pannies ·

Stem 100% saam met jou.
Gebruik hulle vir harde arbeid.
Hulle verdien nie om gratis en gerieflik te lewe op die belastingbetaler se rekening nie.

domheks ·

Tronke = 5 Ster verblyf!
Grap om deesdae in die tronk te wees – ongeag wat jy gedoen het.

Sarel ·

Nuwe vertragingstaktiek…..ontslaan jou Regsverteenwoordiger…..sal weer gebeur kyk maar

Jakes ·

Ek sal liewer nie kommentaar lewer nie. Niks anders as sie doodstraf vir die gemors nie.

Fran ·

Hoe wreed! Alhoewel ek ook absoluut ten gunste van die doodstraf is, gaan dit in hierdie land met die patetiese en rassistiese regstelsel nie werk nie. Stel jouself voor ‘n witman verdedig sy plaas en sy gesin en hy dood een van die skuim. Hy sal verseker deur ‘n swart regter die doodstraf opgelê word. In ‘n regverdige stelsel sal dit werk. Nie hier nie mense.

Swerwer ·

Daar is nie genoeg woorde om hierdie wese te beskryf nie. Vuilgoed! Hoekom hoekom hoekom.
Danword daar verwag mens moet vergewingsgesind wees! Nèè

Niklaas ·

Vergeet van die doodstraf . Sien die ander kommentare hier. Dis waar , ons sal baie onregverdige toepassing daarvan beleef deur regters uit die geledere van “our people”. En sal laasgenoemde in ‘n meerderheid stem vra vir doodstraf herinstelling , veral na Pres Mandela dit afgeskaf het ? Nie maklik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.