Mej. SA gaan spog met splinternuwe kroon

Die nuwe Mej. Suid-Afrika sal spog met ʼn splinternuwe kroon genaamd Mowana, oftewel “Boom van lewe”. (Foto: Verskaf)

Die nuwe Mej. Suid-Afrika, wat Sondag gekroon word, sal spog met ʼn splinternuwe kroon genaamd Mowana, oftewel “Boom van lewe”.

Die nuwe kroon is ontwerp deur Ursula Pule, kreatiewe direkteur en medestigter van Nungu Diamonds, die nuwe borg van die Mej. SA-kroon.

Ursula is ʼn gesogte ontwerper wat voorheen juweliersware vir bekendes soos Somizi Mhlongo, Connie Ferguson en Dineo Langa gemaak het.

Volgens Ursula het sy die inspirasie vir dié kroon tydens ʼn safari in Musina, Limpopo, gekry. “Die ongelooflike kremetartboom, bekend as ‘die boom van lewe’, verteenwoordig ons Afrika-herkoms.

“Ek het op ʼn wildrit die son agter ʼn kremetartboom sien opkom, en ek was betower. Dit was my inspirasie en ek dra daardie beeld al jare saam met my. Toe ek die kroon moes ontwerp, kon ek nie aan iets beter dink wat ons land asook ons maatskappy, Nungu Diamonds, verteenwoordig nie.”

Ursula sê die kremetartboom is ook ʼn simbool van krag en veerkragtigheid. “Ek het ook die Afrika-sonsopkoms as ʼn metafoor gebruik om die aanvang van die nuwe Mej. SA se diensjaar te simboliseer.”

Mowana. (Foto: Verskaf)

Die ontwerp is minimalisties en eenvoudig, en laat die kosbare stene toe om vir hulself te praat, sê Kealeboga Pule, uitvoerende hoof en stigter van Nungu Diamonds.

“Mowana is die eerste kroon van sy soort in Suid-Afrika en bestaan uit meer as 800 stene soos diamante, edelstene en kubieke sirkonia, waarvan die grootste 15 karaat weeg.”

Die top-sewe deelnemers aan vanjaar se Mej. SA-kompetisie is Anke Rothmann (23), Bryoni Govender (26), Homba Mazaleni (23), Jordan van der Vyver (27), Melissa Nayimuli (27), Nande Mabala (25) en Natasha Joubert (25).

Die kompetisie vind Sondag by die SunBet Arena by Times Square in Menlyn, Pretoria, plaas. Dit word regstreeks om 18:30 op SABC 3 uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wikkie ·

Stunning kroon! Het jare laas Mej. Suid Afrika gevolg, want op ‘n stadium het dit net te veel gevoel en gelyk na ‘n politieke idiologie wat daarop afgevorseer word.

Marcello ·

Ek is bly om te sien daar is ‘n verskeidenthied van ras, want op ‘n staduim was net sekere rasse vereenwoordig. Dit is g’n wonder, oorsese besoekers skrik hulle dood as hulle ander rasse ook teêkom in SA. My kind was vir 2 jaar in Amerika het hulle was verbaas dat sy uit ‘n wit gesin kom.

George ·

Daars Amerikaners wat nie Amerika op n kaart kan uitwys nie, wat ook glo Engels is van daar af. NIks met “sekere rasse” te doen nie. In teendeel, die wat in die VSA bekend is, is blank.

George ·

Dis nou die kroon wat n getroude vrou ook as Mej gekroon kan word?

Charles ·

Te veel mooi vrouens in die algemene publiek vir so iets om my aandag te trek.

JohanR ·

En wie gee om. Ek is meer geintreseer watter 33 rugby spelers Wereldbeker toe gaan.

Charles ·

Nadat ek verneem het wat gebeur na elke Rugby wedstryd, kan ek nie meer kyk nie.

John ·

Hoop net die uitslag is regverdig…..nie soos sekere van die ander jare nie…

Keelvol ·

Hoe gaan dit my nou help om n hoë Pos by die Yale universiteit te kry?!

Charles ·

Sorry, maar ons is nie “connected” in hierdie wêreld nie. “Try as you may…”

Karoo ·

Ek sal weer Mej. SA kyk wanneer ons land se regeerders ons vroue en kinders beskerm soos wat dit hoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.