Foto’s: Nuwe Mej. SA eerskomende Sondag gekroon

Ndavi Nokeri, Mej. SA 2022 en finalis Anke Rothman. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

Ná weke se uitmergelende uitdunrondes én ʼn uitdagende werklikheidsreeks is die top-7 finaliste wat vanjaar aan die eindronde van die Mej. SA-kompetisie gaan deelneem, vandeesweek aangewys.

Anke Rothmann, Bryoni Govender, Homba Mazaleni, Jordan van der Vyver, Melissa Nayimuli, Nande Mabala en Natasha Joubert sal eerskomende Sondag (13 Augustus) by die SunBet Arena in Pretoria finaal meeding om as die nuwe Mej. SA gekroon te word.

Die publiek het die afgelope maand geleentheid gekry om dié finaliste beter te leer ken in die Mej. SA-skoonheidskompetisie se eie werklikheidsprogram Crown Chasers – wat Sondae gratis op die Mej. SA-app en SABC3 uitgesaai is.

Hier is die top-12 se entrepreneurs- en sakevaardighede behoorlik voor die kameras op die proef gestel.

Natasha Joubert, ʼn voormalige Mej. SA-finalis, het drie uit die vyf uitdagings wat aan finaliste gestel is, gewen. Dit is die tweede keer wat die donkerkop skoonheid die gesogte Mej. SA-titel najaag nadat sy in 2020 as die tweede naaswenner aangekondig is en haar land by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig het.

Keaoleboga Nkashe (27) van Itsoseng in Noordwes is in Sondagaand se aflewering die vyfde finalis om huis toe gestuur te word.

“Hoewel dit ʼn teleurstelling is om uitgestem te word en dit nie die uitkoms is waarvoor ek gebid het nie, glo ek dat terugslae soos hierdie geleenthede vir groei en leer is. Ek glo regtig in die leuse ‘verwerping is dikwels herleiding’,” het Nkashe oor haar ervaring gesê.

Bonang Matheba, ʼn radio- en TV-persoonlikheid en Crown Chasers-beoordelaar, sal vanjaar as aanbieder by die Mej. SA-finaal optree.

Matheba, wat ’n lang verbintenis met Mej. SA het, het die kompetisie vir sy 60ste herdenking in 2018 aangebied en in 2019 teruggekeer toe Zozibini Tunzi die titel verower het en later as Mej. Heelal gekroon is.

Haar House of BNG Cap Classique is ook een van die amptelike borge by vanjaar se Mej. SA-kompetisie.

Kaartjies vir vanjaar se Mej. SA-finaal kan by Ticketpro gekoop word.

Die top-7 finaliste is onlangs saam met Ndavi Nokeri, Mej. SA 2022 afgeneem. Hulle lyk só:

  • Natasha Joubert 

Natasha Joubert en Ndavi. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

  • Anke Rothmann

Anke Rothman en Ndavi. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

  • Bryoni Govender

Bryoni Govender en Ndavi. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

  • Homba Mazaleni

Homba Mazaleni en Ndavi. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

  • Jordan van der Vyver

Jordan van der Vyver en Ndavi. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

  • Melissa Nayimuli

Melissa Nayimuli en Ndavi. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

  • Nande Mabala

Nande Mabala en Ndavi. (Foto: Facebook/Miss South Africa/Garreth Barclay)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Anke Rothman is nie net mooi van buite nie maar ook van binne. Sy sal ‘n fantastiese ambassadeur wees vir Suid-Afrika.

piet ·

Almal van hulle steek egter af by die huidige Mej.SA so ek reken daar is zero kans dat hulle iewers gaan kom in die Me. Wereld-kompetisie.

trotsNAMSA ·

SA dames is pragtig. Nou word dié kompetisie al op ‘n Sabbath gehou ? Wat het met Vrydag- en Saterdagaande gebeur ?

Karoo ·

Klio ini bos: Is hierdie soort “kompetiesie” dan nog relevant in vandag se tye? Ek meen, ek het nog nooit iemand hoor se, as dit nie vir Mej. of Mnr. so en so was nie sou ek nie vandag geinspereer gewees het om dit of dat te doen nie. Toe dit toentertyd begin het, was dit oor vaardighede, nie “looks” en wedywering nie. .. dit was goeie tv vermaak… maar wat dra dit posetief by ons samelewing wat smag na vooruitgang?

George ·

Inteendeel, meeste meisies wat in die kompitisie deelneem kyk op na vorige wenners, nes sportsmanne,vroue. Destydse kompitisie was juis oor looks, toe begin dit uitbrei na meer as dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.