Menlyn sê jammer ná Covid-flater

Die Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria. Foto: Skermskoot/Google Maps Street View

Die bestuur van die Menlyn Park-winkelsentrum het onvoorwaardelik om verskoning gevra vir ʼn skrywe wat hy aan sy huurders uitgestuur het waarin aangevoer is dat ʼn MTN-werknemer positief vir Covid-19 getoets het.

“Dit blyk daar is ongelukkig verkeerd daaroor gerapporteer. Ons trek die verklaring onvoorwaardelik terug en vra ons huurder, MTN, om verskoning.”

MTN het Woensdagaand ten sterkste ontken dat ʼn werknemer positief vir Covid-19 getoets het.

“Ons verwerp ten sterkste die onverantwoordelike uitlatings van die winkelsentrum.

“Dit veroorsaak onnodige paniek en angs in ʼn tyd wat die land dit die minste kan bekostig,” het Jacqui O’Sullivan, woordvoerder van MTN, gesê.

Volgens O’Sullivan is die MTN-winkel in die Menlyn Park-winkelsentrum wel vroeër die week gesluit nadat daar besluit is om eerder net uiters versigtig te wees.

“Werknemers was bekommerd dat hulle Maandag kontak gehad het met iemand wat kontak gehad het met ʼn ander persoon wat tekens van griep getoon het.” Die winkel is egter vandag weer oop nadat dit behoorlik gesteriliseer is.

Die bestuur van die Menlyn Park-winkelsentrum het gesê toetse is gedoen en daar is geen bewyse van infeksie by enige individu gevind nie.

“Die bestuur wil graag vir MTN, die selfoonnetwerk se kliënte en klante [in die sentrum] om verskoning vra vir die verkeerde inligting wat versprei is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Fopnuus oor Covid-19. Dit is nou strafbaar. Gaan klagte gelê word? Saai onnodige paniek.

Gawie ·

My seun werk by ‘n ander winkelsentrum, en hulle het hierdie e-pos ontvang. Dit het nogal paniek onder die mense veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.