Mensehandel-sindikaat: Vrou kry opgeskorte vonnis

(Argieffoto)

ʼn Vrou wat by ʼn mensehandel-sindikaat in Kaapstad betrokke was, het ʼn opgeskorte vonnis ontvang nadat sy op 11 aanklagte skuld beken het.

Camilla De Waal Rossouw (32) is Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad tot tien jaar tronkstraf gevonnis wat in die geheel vir vyf jaar opgeskort is met streng voorwaardes.

Zinzi Hani, Valke-woordvoerder, het gesê Rossouw is op 28 Oktober onder meer skuldig bevind op aanklag van die ontvoering van ʼn minderjarige, mensehandel vir seksuele doeleindes, aanranding, die bedryf van ʼn bordeel en afpersing van meer as R3 miljoen.

Nege persone is reeds in verband met die saak gevonnis. Die sindikaat het bordele in Milnerton, Tafelsig, Big Bay en Bellville bedryf.

“Die sindikaat het jong vroue en minderjariges gewerf om seksueel uitgebuit te word. Die slagoffers is van hul vryheid ontneem, aangerand en gedwing om deel te neem aan misdadige aktiwiteite soos winkeldiefstal, huisbrake en afpersing.”

Rossouw is in Februarie 2017 saam met haar medebeskuldigdes in hegtenis geneem ná ʼn Valke-ondersoek wat reeds in Oktober 2016 begin het.

Natasha Chang is in Junie tot drie jaar tronkstraf gevonnis wat in die geheel vir vyf jaar opgeskort is met streng voorwaardes. Sy is ook tot drie jaar korrektiewe toesig en gemeenskapsdiens gevonnis.

Die sindikaat het onder meer tussen 2012 en 2015 kliënte van die bordele afgepers en geld geëis om te verseker dat foto’s van hul seksuele bedrywighede nie op sosiale media geplaas word nie.

Norman Bridger (34) en Michael D’Oliveira (41) is in September verlede jaar gevonnis nadat hulle ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Bridger is onder meer tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir afpersing waarvan tien jaar vir vyf jaar opgeskort is. D’Oliveira is tot tien jaar tronkstraf gevonnis wat in die geheel vir vyf jaar opgeskort is. Hy is beveel om ʼn boete van R20 000 te betaal. Fereez Allie (37) is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir aanranding.

Shantel Reyneke-Bridger (47), Juan Francois Warren (41) en Robin Reyneke (30) is ook reeds verlede jaar gevonnis nadat hulle skuldig gepleit het op die aanklagte teen hulle. Reyneke-Bridger is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis waarvan tien jaar vir vyf jaar opgeskort is met streng voorwaardes. Warren het dieselfde vonnis ontvang. Reyneke is behalwe vir sy vonnis van 20 jaar, wat vir vyf jaar opgeskort is, ook beveel om ʼn boete van R50 000 te betaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Toktokkie ·

Opgeskorte vonnisse!! G’n wonder die land is oorgegee aan kriminele. Hoekom gaan niemand tronk toe nie!!

Persheks Adri ·

Daar is mos 19 000 vry gelaat gedurende Covid… Dis 1 groot gemors hierdie regtig!

anniekiewiet ·

Genade!!! Mensehandel is erger as moord. Hulle moes permanent toegesluit word en die sleutel weggegooi word.

Jannie van Niekerk ·

Waarom het hulle nie LEWENSLANK gekry nie?! Is dit omrede die ANC ook mensehandel goedgesind is net soos wat hulle plaasmoorde en transitorowe goedgesind is? Is die regters en landroste dalk omgekoop deur die misdaadsindikate? Werk sommige hoë polisie offisiere saam om sulke belaglike niksseggende lae vonnisse teen hierde misdadigers te bewerkstellig?

Delia ·

Die opgeskorte vonnisse gee n duidelike boodskap dat die lewens van hierdie vroue en kinders nie belangrik is nie.
Watter mense in hoë posisies word dalk hier beskerm sodat hulle name nie in die gedrang kom. Mens kan net wonder? En daardie boetes word maklik betaal. Het ons die mannekrag om op te volg of hierdie mense nie weer by hierdie misdaad betrokke raak nie. Belaglik en onverstaanbaar.

Maggies ·

Absoluut onaanvaarbaar dat enige persoon wat met mensehandel te doen het, so ligte vonnis kry.
Dit is dan mos duidelik dat ons regering dubbele standaarde het.
Besef hulle waardeur ‘n jong mens (eintlik nog kind) gaan. Hul kindwees word op die brutaal ste manier van hulle ontneem.
Pedofiele gebruik en breek hulle. Hulle word meestal vol dwelms gepomp en hulle lewens is vir ewig geruïneer.

Persheks Adri ·

Die regstelsel is in sy glory in! Dan sê hulle daar word nie met ons kinders en vrouens gesmokkel nie pffft dis voorwaar ‘n skande die vonnisse!

Sarel ·

Hier is nou weereens die bewyse hoe min die SA Rdgstelse omgee vir die mishandeling van vroue dn kinders. Ek hoor ook niks van due organisasies wat gewoonlik protesteer nie. So selfs vir hulke us die vonnis aznvaarbaar. Jy dink hulle gaan stop. Hule gaan net dieper ondergronds en koop hulle pad oop.

Sarel ·

Boete?? Hoe het die ou eendag genoem…. ek betaal sommer uit my gatsak…

Sarel ·

Dit is hoe min die SA Regstelsel omgee vir vrouens en kinders. Ek sien niemand betoog oor die vonisse nie so moet aanvaar EFF ens. Aanvaar uitspraak.
Boete… betaal dit sommer uit die gatsak.

Nozi ·

Ek verstaan nie ons land se wette nie. Dit wil vir my voorkom hoe grooter die oortreding hoe ligter is die straf. Noem net die ‘K’woord, dan is dit ‘n groot hoehaa, en strawwe is swaar maar mense handel regverdig opgeskorte vonnis met ‘n boete.

Maggies ·

Ek wonder of iemand al ooit navorsing gedoen het oor die etniese groep wat die meeste in hierdie mense handel gevalle ontvoer en misbruik word?
Dalk verbeel ek myself, maar vir my as ‘n leek, wil dit voorkom asof dié met ligte velle en gladde hare meer dikwels as vermis aangemeld word. Of sommer net verdwyn.
Help my gerus reg as ek verkeerd is.

Yolandie ·

Mens kan sien hoe die veiligheid en uitbyting en regte van kinders vir die regering van kardinale belang is neh. Niemand kry “actually” tronkstraf nie!!! Wat ‘n flippen klug is die hele besigheid nie. Hoe moet ‘n mens enigsins vertroue in die regstelsel hê??? Wat ‘n grap is dit net nie!!!!

Vlooitjie ·

My mond hang oop as ek die tipe goed lees. Wat sê dit van jou karakter en menswees, nie eers te praat van jou vrouwees as jy instaat is tot dit nie!! Ek kry skaam, dis horrific en dan kry hul opgeskorte vonisse! Ons wêreld is totaal gek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.