Metrobus skort dienste in Jhb op weens staking

Metrobus (Foto: JoburgMetrobus/Twitter)

Johannesburgse pendelaars maak vandag gebruik van alternatiewe vervoer nadat Metrobus besluit het om liefs vir eers sy busse in die Goudstad op te skort weens ʼn staking.

Werknemers van die Democratic Municipal & Allied Workers Union of South Africa (Demawusa) staak vir die tweede dag op aandrang van vergoeding ter bevordering asook kantore en hulpbronne by drie busdepots in die stad.

Goodwill Shivuri, woordvoerder van Metrobus, het aan Maroela Media gesê die bestuur van Metrobus het besluit om sy dienste op te skort vir die veiligheid van sy busbestuurders en passasiers.

Dit volg nadat stakers Maandag ʼn busbestuurder uit ʼn bus gedwing het waarna hulle in die bus weggery het. Die bus is later in Gandhiplein in die middestad gevind.

Metrobus en Demawusa sou vanoggend vergader om moontlik tot ʼn ooreenkoms te kom.

“Die plan is om die geskil so vinnig moontlik op te los,” het Shivuri verduidelik.

Die vergadering sal binnekort afgehandel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Onnodig ·

Daar is so baie dinge wat ek voel my toekom. Ek wonder waar gaan ek begin plunder en brand en vandaliseer? Sonder nagevolge natuurlik, want ek wil dieselfde regte he as 1000e ander wat daagliks oral rondhardloop en amok maak.

NET EK ·

Ag hulle strike oor als …. wag een van die dae gaan dit wees omdat die sonskyn!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.